Big Fish Eagle Lodge
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilstraat 96, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
- Vanaf R1 380 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Big Fish Eagle Lodge is vernoem na die visarend wat by hierdie rivier en in sekere gedeeltes van die Krugerwildtuin voorkom. Die luukse lodge is op die oewer van die Krokodilrivier. Big Fish Eagle Lodge is die ideale plek om rustige aande deur te bring terwyl gaste kan luister na die gesnork van die seekoeie of die gebrul van die leeus in die verte.
Verblyf word aangebied in 6 dubbelkamers met balkonne wat uitsigte bied oor die Krugerwildtuin. Daar is ook 4 dubbelkamers met 'n uitsig oor die swembadarea. Al die kamers het en suite-badkamers. Die moderne kamers het elkeen lugversorging, satelliet-TV en gratis WiFi. Elke kamer het 'n donsige koningingrootte-bed oorgetrek met die beste linne en 'n kombuisie wat met 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.
Die balkonne bied uitsigte oor die rivier waar diere kom wei in die middagson en water kom drink voor hulle die donker Afrika-nag aandurf.
Rook is verbode binne die lodge, maar daar is aangewese rookareas. Gaste kan afkoel in die swembad. Die lodge bied 'n daaglikse skoonmaakdiens aan en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Maaltye kan vooraf versoek word en daar is 'n paar restaurante wat 'n verskeidenheid plaaslike en internasionale disse aanbied binne stapafstand van die lodge. Piekniekmandjies is ook beskikbaar mits dit vooraf gereël word. 'n Binnebraai-area is beskikbaar aan gaste.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Leon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Krokodilstraat 96, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
- Gaste dink Big Fish Eagle Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Komatipoort Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilstraat 96, Komatipoort, 1340, Mpumalanga