Big Fish Eagle Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Big Fish Eagle Lodge is 'n luukse lodge aan die oewer van die Krokodilrivier. Dit is vernoem na die visarend wat by hierdie rivier en op sekere gedeeltes van die Krugerwildtuin voorkom. Die lodge is met sorg ingerig om gerieflike, rustige verblyf te verseker.

Al ons kamers is en suites en spesiaal ingerig om ons gaste tuis te laat voel. Ons balkonne het asemrowende uitsigte op die Krokodilrivier waar die wild in die laatmiddagson wei en hul dors les voor hulle die Afrika nag aandurf.

Big Fish Eagle Lodge is nét die plek vir besoekers wat rustige aande met seekoei-snorke en leeu-brulle as agtergrondmusiek wil geniet. Ons het 6 dubbelkamers met balkonne wat uitkyk oor die Krugerwildtuin en 4 dubbelkamers met 'n uitsig op die swembad-area. Elk van die badkamers is toegerus met 'n bad, 'n stort en 2 wasbakke vir gaste se gerief. Die moderne kamers is toegerus met lugversorging, satelliet-TV en gratis WiFi. Elke kamer het ook 'n luukse koningingrootte-bed en topgehalte-linne. Daar is ook kombuisies, yskassies en koffie- en teemaakgeriewe.

Rook is verbode in die lodge, maar daar is rookareas beskikbaar. Gaste kan heerlik afkoel en ontspan by die swembad. 'n Skoonmaakdiens en veilige parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar. Big Fish Eagle Lodge kan etes op versoek reël, en 'n paar restaurante wat 'n keur uit plaaslike- en internasionale kookkuns bedien, is stapafstand van ons af. Piekniekmandjies is beskikbaar op versoek. Ons het 'n binnebraai vir gaste wat verkies om self kos te maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Big Fish Eagle Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 130 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false