Rebellie Gaste Plaas - Bushman
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rebellie-plaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R2 650 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Rebellie Gaste Plaas is sowat 14 km vanaf Clarens in die Vrystaat en bied 'n onvergeetlike wegbreek in die berge.
Bushman bied slaapplek aan 8 gaste in 2 slaapkamers en 'n tussenverdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tussenverdieping het 4 enkelbeddens. Die tussenverdieping en tweede slaapkamer deel 'n badkamer met 'n stort. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke bring.
Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n mikrogolf, stoof, oond, yskas en etenstafel. Die sitkamer het 'n kaggel en bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe. Die eenheid het ook 'n privaat Jacuzzi.
Bushman is troeteldiervriendelik, maar hou asb. kleiner honde aan 'n leiband.
Rebellie Gaste Plaas het nie heinings nie en wilde diere soos blouwildebeeste, elande, sebras en blesbokke wei vrylik hier rond. Ons bied verskeie doendinge op die perseel – gaste kan die berg uitklim om die lieflike uitsigte oor Lesotho en Clarens te aanskou, 'n bietjie gaan rondry op ons 4x4-roetes (moeilikheidsgraad 3 tot 5), of die plaas met 'n bergfiets gaan verken. Ander nabygeleë doendinge sluit perdry, teikenskiet, visvang en riviervlotvaart in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Jacuzzi
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Wynand Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 107
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Rebellie-plaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Rebellie Gaste Plaas - Bushman het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rebellie-plaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat