Rebellie Gaste Plaas - Bushman

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Feb 2020 tot 29 Feb 2020.

Beskrywing

Rebellie Gaste Plaas is sowat 14 km vanaf Clarens in die Vrystaat en bied 'n onvergeetlike wegbreek in die berge.

Bushman bied slaapplek aan 8 gaste in 2 slaapkamers en 'n tussenverdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tussenverdieping het 4 enkelbeddens. Die tussenverdieping en tweede slaapkamer deel 'n badkamer met 'n stort. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke bring.

Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n mikrogolf, stoof, oond, yskas en etenstafel. Die sitkamer het 'n kaggel en bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe. Die eenheid het ook 'n privaat Jacuzzi.

Bushman is troeteldiervriendelik, maar hou asb. kleiner honde aan 'n leiband.

Rebellie Gaste Plaas het nie heinings nie en wilde diere soos blouwildebeeste, elande, sebras en blesbokke wei vrylik hier rond. Ons bied verskeie doendinge op die perseel – gaste kan die berg uitklim om die lieflike uitsigte oor Lesotho en Clarens te aanskou, 'n bietjie gaan rondry op ons 4x4-roetes (moeilikheidsgraad 3 tot 5), of die plaas met 'n bergfiets gaan verken. Ander nabygeleë doendinge sluit perdry, teikenskiet, visvang en riviervlotvaart in.

Slaapplek

'n Bespreking by Rebellie Gaste Plaas - Bushman sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Jacuzzi
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rebellie Gaste Plaas - Bushman gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 355 R1 649 per nag (plek vir 8)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Feb 2020 tot 29 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za