Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ollava Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ollava Gastehuis is in Glencairn in die Wes-Kaap, Suidelike skiereiland geleë, met ‘n asemrowende uitsig oor Valsbaai. Glencairn is geleë tussen Simonstad en Vishoek.

Verblyf word in verskeie eenhede gebied. Die 3 eenhede is Valsbaai, Protea, Seagull en die 4de selfsorg eenhuid is Huis Walvis-Pikkewyn. Elke eenheid het 'n privaat ingang, gemaklike beddens en 'n badkamer met 'n stort. Protea het geen uitsig oor die see nie, maar Seagull is op die grond vloer met 2 beddens in die kamer.

Die kamers is met verhit-en-eetgeriewe toegerus wat 'n mikrogolf, yskassie en ketel met tee- en koffiemaakgeriewe insluit. Ongelukkig word daar nêrens op die eiendom oop vure soos bv braai vure toegelaat nie.
Daar is parkeerplek voor die huis wat nie direk in die straat is nie. Die parkeer area is nie omhein nie.
Ons akkomodeer nie kinders en troeteldiere nie.

Huis Walvis-Pikkewyn beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die twee slaapkamers het elk 'n ekstra lang konings groote bed. Die en suite-badkamers het 'n toilet, wasbak en stort. Gaste het toegang tot 'n kombuisie met 'n enkelplaatinduksiestoof, yskas-vrieskas, koffie masjien, airfryer en mikrogolf. Gaste kan die balkonarea benut met 'n see-uitsig en gemaklike buitesitplek. Daar is ook 'n swembad wat baie koud is en eintlik bedoel is vir skuba kursusse.

Gewilde restuarante is soos in loopafstand vanaf die gastehuis. Vir inkopies is daar ‘n Inkopies sentrum wat 700m weg is.

Aktiwiteite in die omgewing sluit skuba duik, visvang, swem, fietsry, Tuc-tuc trips, Kaappunt en Boulders-strand met al die pikkewyne in. Ons is ook nie ver van die wynlande nie. Kaapstad is 45km weg. 400m vanaf die gastehuis is die gewilde Glencairn getypoel.

Vir gaste wat langer bly is daar ‘n gereelde skoonmaak diens wat ingesluit is by die prys.

Reg voor die gastehuis is die besige Main road, maar dit word baie stiller in die nag sodat die golwe wat breek teen die rotse jou aan die slaap kan sus.

Kom slaap by die see. En word wakker met die son wat opkom aan die anderkant van die baai.

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 14 resensies vir Ollava Gastehuis
Netheid
4.4/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Retha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ollava Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAz5a8UClOmiUDnwaPvMwWho1SKNmdUmuqFBG9016vItngNwlWDH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 122 Main Road Glencairn 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.165897 18.431264
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem