14 Kyalanga
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine-rylaan 20, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 350 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
14 Kyalanga is 'n selfsorgwoonstel wat op die eerste verdieping van 'n kompleks teen die strand met 'n gedeeltelike see-uitsig in Umhlanga Rocks geleë is. Umhlanga is een van die mees gesogte vakansiedorpe in Suid-Afrika en dit lok besoekers van regoor die wêreld. Te danke aan die Indiese Oseaan se warm water kan besoekers heeljaar hier swem. Die winter is baie matig aan KwaZulu-Natal se kus en Umhlanga het 'n heerlike subtropiese klimaat.
Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde kamers het elk 2 enkelbeddens. Hierdie beddens kan ongelukkig nie opgemaak word as dubbelbeddens nie. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien. Die hele woonstel het lugversorging met warm en koue stellings.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die woonstel het ook 'n toegeruste waskamer wat eksklusief deur gaste gebruik word. Daar is sitplek vir 6 mense in die eetarea en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met volledige DStv.
Die sitkamer en eetkamer het skuifdeure wat na 'n stoep lei. Soggens kan 'n mens met 'n koppie koffie in die hand op die stoep sit, kyk hoe die son opkom en luister hoe die branders op die strand breek.
14 Kyalanga word daagliks behalwe op Sondae en openbare vakansiedae skoongemaak. Veilige parkeerplek word voorsien. Daar is oop parkeerplek vir voertuie of sleepwaens agter elektroniese hekke. Daar is ook 24 uur-sekuriteit in die kompleks. Verder is daar 'n manjifieke swembad wat eksklusief vir Kyalanga se gaste is, asook gemeenskaplike braaigeriewe.
14 Kyalanga het die ideale ligging met direkte strandtoegang en toegang tot die wêreldklas-promenade wat 5 km al langs die kus af strek. Die woonstel is stapafstand van Umhlanga se dorp en talle restaurante en kroeë in die omtrek af. Jy kan jou motor aan die begin van jou vakansie parkeer en dan hoef jy dit gedurende jou wegbreek nie weer te gebruik nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Kirsty Geverifieer
Eiendomme 59
Resensies 193
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Marine-rylaan 20, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 14 Kyalanga het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine-rylaan 20, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang