- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cowry-rylaan 53, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Anchorage is in Elysium, 'n rustige, stil kusdorpie geleë. Ons bied bekostigbare, stylvolle verblyf wat oor die helderblou Indiese Oseaan uitkyk. Hier kan jy tydens seisoentyd die walvisse en dolfyne in die see sien baljaar.
Daar is 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens en 2 gesinskamers waarvan albei 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed het. Elkeen van die ruim kamers het 'n platskerm-TV, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Elke suite bied toegang tot die patio waar jy soggens 'n koppie koffie of saans 'n skemerkelkie kan geniet.
'n Volledige Engelse ontbyt word in die eetkamer op die onderste verdieping bedien. Hier bied groot glasskuifdeure toegang tot die tuin vanwaar jy oor die see of oor die landskap se welige plantegroei en sonsondergange kan uitkyk. Verder is daar 'n swembad, WiFi, 'n braai-area en veilige parkeerplek.
Doendinge in die omgewing sluit die volgende in: gholf, knortjorre, voetslaan, visvang, skubaduik, perdry, die Oribi-kloof, vlieërvlug, kajakvaart, bergfietsry, oseaan-safari's, inkopies, die reptielpark, Croc World en haaihokduik.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Brenda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Jaar gelys 14
Ligging
- Cowry-rylaan 53, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Anchorage Bed and Breakfast het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Elysium Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cowry-rylaan 53, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
- Geen kinders onder 12