Bonamanzi Game Reserve - Rustic Family Tree Houses
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bonamanzi Wildreservaat, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Die Family Tree Houses is selfsorg-eenhede in die Bonamanzi Wildreservaat, 5 km buite Hluhluwe. Bonamanzi is ‘n privaat wildreservaat wat 4000 hektaar groot is en waarvan die Hluhluwe-rivier die oosgrens vorm.
Daar is 4 eenhede en elke eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Elke eenheid het 2 verdiepings, waarvan die boonste ‘n dubbelkamer, ‘n kamer met 2 enkelbeddens, ‘n sitarea en gastetoilet het. Die sitarea lei na ‘n dek.
Die onderste verdieping het ‘n kombuisie wat toegerus is met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Gaste moet hul eie drinkwater saambring. Daar is ook ‘n badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Elke eenheid het ‘n ingeboude braai-area en ‘n piekniekbankie.
Eenheid 12 en 13 is privaat en Eenheid 14 en 15 is nader aan die toegangspad. Gaste kan ook die restaurant en geriewe by die hoofontvangsarea gebruik, wat sowat 3 km ver is. Gaste kan ook hul eie houers saambring om gratis herwinde water by die kroeg te kry.
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Tracey Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 29
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Bonamanzi Wildreservaat, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Hluhluwe Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bonamanzi Wildreservaat, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom