Dancing Ducks Guest House
- Kapasiteit: 36 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ericastraat 36A, Bon Accord, Pretoria, 0009, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dancing Ducks Guest House is in die noordelike buitewyke van Pretoria geleë, en is na aan al die hoofroetes soos die N1, die N4 en die R101.
Die gastehuis bied 'n keuse tussen 9 verskillende eenhede, en het slaapplek vir 'n groottotaal van 36 gaste. Die eenhede het elk 1 of meer slaapkamers, 'n en suite-badkamer, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n TV-kamer met sekere DStv-kanale. Die eenhede is apart, so gaste kan verseker wees van privaatheid tydens hul verblyf. Vars melk, beskuit en tee- en koffiemaakgeriewe word ook voorsien. Braaigeriewe is beskikbaar vir gaste se gebruik.
Die trou-venue en kapel het sitplek vir 50 tot 60 mense en 'n en suite-wittebroodkamer met 'n Jacuzzi is ook beskikbaar. Ons kan enige tipe funksie akkommodeer, van intieme verlowingspartytjies tot troues en herdenkings, verjaarsdae, jaareindfunksies en selfs kinderpartytjies!
Die kleinhoewe is 2,2 hektaar groot en daar is baie voëls en 'n paadjie tussendeur al die skape, eende, hase, bokkies, ganse en selfs 'n ponie wat hierdie hul tuiste noem. Al dié diere sal vir seker die kinders besig en plesierig hou. Met elke lente verwelkom Dancing Ducks ook die koms van die wildeganse wat kom nesmaak langs die dam. Die "Nommikies" wilde eende kom en gaan soos hulle wil en daar is selfs 'n paar tarentale wat daagliks kom besoek aflê.
Besienswaardighede en doendinge in die nabyheid sluit in: perdry, visvang, voëlkyk en vierwielmotorfietsritte.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Duits
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
2.4/5
Katrien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Ericastraat 36A, Bon Accord, Pretoria, 0009, Gauteng
Sien meer verblyf in Onderstepoort Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 36 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ericastraat 36A, Bon Accord, Pretoria, 0009, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom