En Route Cape Town
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15de Laan 32, Boston, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
En Route Cape Town is 'n bekoorlike en ruim selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in Boston in Bellville. Die woonstel is naby winkelsentrums, malls, filmteaters, vervoer-dienste en hospitale geleë. Kaapstad Internasionale Lughawe is net 8,9 km van die woonstel af en die Jack Muller-/Danie Uys-park is 1 km ver.
En Route Cape Town 1 is ten volle gemeubileer en pragtig ingerig. Die grondvloer-woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 klein kinders. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en ingeboude kaste. Die kombuis is goed toegerus vir en sluit 'n tweeplaatstofie, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. In die sitkamer is daar 'n slaapbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar, sowel as parkeerplek op die perseel.
En Route Cape Town 2 het 'n groot hoofslaapkamer met 'n enkelbed en 'n leefarea met 'n dubbelslaapbank, TV met sekere DStv-kanale, 'n mikrogolfoond, yskas, ketel, tweeplaat-stoof, strykyster, en 'n opwasarea. Die badkamer het 'n stort en wasbak, en daat is 'n aparte toilet en groot wasbak is. Die slaapkamer lei na die swembad. Die woonstel is aan die hoofhuis, maar met 'n aparte ingang.
Gaste is welkom om van die swembad en braaigeriewe gebruik te maak. 'n Pendeldiens na die lughawe en 'n was- en strykdiens is op versoek beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 36
Jaar gelys 6
Ligging
- 15de Laan 32, Boston, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Gaste dink En Route Cape Town het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bellville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15de Laan 32, Boston, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom