En Route Cape Town

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Jul 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

En Route Cape Town is 'n bekoorlike en ruim selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in Boston in Bellville. Die woonstel is naby winkelsentrums, malls, filmteaters, vervoer-dienste en hospitale geleë. Kaapstad Internasionale Lughawe is net 8,9 km van die woonstel af en die Jack Muller-/Danie Uys-park is 1 km ver.

En Route Cape Town 1 is ten volle gemeubileer en pragtig ingerig. Die grondvloer-woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 klein kinders. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en ingeboude kaste. Die kombuis is goed toegerus vir en sluit 'n tweeplaatstofie, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. In die sitkamer is daar 'n slaapbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar, sowel as parkeerplek op die perseel.

En Route Cape Town 2 het 'n groot hoofslaapkamer met 'n enkelbed en 'n leefarea met 'n dubbelslaapbank, TV met sekere DStv-kanale, 'n mikrogolfoond, yskas, ketel, tweeplaat-stoof, strykyster, en 'n opwasarea. Die badkamer het 'n stort en wasbak, en daat is 'n aparte toilet en groot wasbak is. Die slaapkamer lei na die swembad. Die woonstel is aan die hoofhuis, maar met 'n aparte ingang. 'n Komplimentêre bottel wyn word voorsien.

Gaste is welkom om van die swembad en braaigeriewe gebruik te maak. 'n Pendeldiens na die lughawe en 'n was-
en strykdiens is op versoek beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na En Route Cape Town gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R610 R519 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Jul 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]