Gypsy Wagons
Kry 15% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 17 Mei 2024 tot 19 Mei 2024.
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malherbestraat 105, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 10
- Vanaf R690 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
By Gypsy Haven is gaste naby Clarens se middedorp, maar tog ver genoeg van die gedruis. Gaste kan in die tuin se hangmatte en swaaie behoorlik ontspan. Wees op die uitkyk vir feetjies wat tussen die mos en veldblomme in die betowerende tuin wegkruip. Gypsy Haven is in die kunsdorpie Clarens geleë en bied vrede, rustigheid, privaatheid, natuur, outentisiteit en sjarmante gashere.
Die Gypsy Wagons bied 'n ongeëwenaarde glanskamp-ervaring in outentieke, pasgemaakte Gypsy Wagons van hout sodat gaste hulle in die leefstyl van 'n reisiger uit 'n vervloë era. Elke wa is noukeurig ontwerp en liefdevol gebou, met handgekerfde en handgeverfde deatil. Geriewe op die perseel sluit selfsorg-opsies, spa-behandelings, 'n gastesitkamer, 'n braai-area en WiFi in. Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, visvang, bergfietsry, voëlkyk, wildritte, swem en wynproe in.
Verblyf word in 4 uniek ontwerpte waens gebied: Rosella, Esmeralda, Queenie en Thisbe. Elke wa bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer, kombuisie, kaggel en WiFi.
Delilah the Dreamer is 'n VW Vintage Autovilla. Hierdie eenheid is volledig toegerus met alles wat jy nodig het. Dit het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en het 'n badkamer met 'n stort.
Tilly the Flamingo is die mees unieke kampeerwa ooit. Sy is 'n tripelkajuit, kragtige 2.5 diesel paneelwa, wat 'n tikkie met 'n towerstafie gekry het. Sy is helder, modern en eienaardig. Dit het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en het 'n badkamer met 'n stort.
Daar is 'n masseer-studio op die perseel met 'n opgeleide terapeut en gaste het toegang tot die sigeunersitkamer en braai-area buite. Gaste kan ook gebruikmaak van die buite-watervalstort en die toilet met 'n uitsig, asook 'n groot tuin met swaaie en hangmatte.
Toegang tot eiendom is deur hek met 'n afstandbeheer. Die bestuurder sal op die perseel wees om gaste te groet en sal altyd beskikbaar wees in 'n noodgeval.
Gypsy Wagons is stapafstand vanaf die dorpsplein met natuurroetes en staproetes wat vanaf die eiendom lei. Dit is ook 20 minute vanaf Golden Gate Nasionale Park en 90 minute vanaf die Drakensberge.
Ongelukkig is hierdie verblyf nie rolstoel- of troeteldiervriendelik nie. Geen kinders onder die ouderdom van 10 word toegelaat nie.
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Sandy Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 125
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Malherbestraat 105, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Gypsy Wagons het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malherbestraat 105, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 10