Licorna Beach Vakansie Woonstel 12
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 495 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Licorna Beach Vakansie Woonstel 12 is by die strand geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf vir 6 gaste in Umhlanga.
Die woonstel met lugversorging is op die eerste verdieping en kan met 'n hysbak bereik word. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel met sitplek vir 6 gaste geniet.
Gaste kan in die sitarea voor die TV met sekere DStv-kanale ontspan. Die sitarea lei na die balkon met 'n uitsig oor die tuin, swembad en braaigeriewe.
Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad, braai-area en wasgoedgeriewe. Veilige parkeerplek met 'n sekuriteitswag word voorsien. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Skottelgoedword nie daagliks gewas nie. en troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Umhlanga bied pragtige strande vir skulp soek, branderplankry, snorkel, duik, roeiplankry, die jaarlikse sardientjieloop tussen Mei en Julie, sowel as verskeie gholfbane en staproetes. Gaste kan ook 'n rits besienswaardighede besoek, soos die Umhlanga Lagoon Natuurreservaat, die inheemse bosveld van Hawaan Forest, die Beachwood Mangrove Natuurreservaat, die Gateway Theatre of Shopping, die Umhlanga-vuurtoring, die Sibaya Casino & Entertainment Kingdom, en die verskillende restaurante, kroeë en winkelsentrums.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 124
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Licorna Beach Vakansie Woonstel 12 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom