Nautica Deluxe
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-straat 4, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Nautica Deluxe is 'n selfsorgeenheid op die derde verdieping wat ideaal is vir 'n gesin in 'n veilige gebou in die Strand. Dié woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders. Daar is 'n slaapbank in die sitarea. Die gebou is 'n paar minute se stap vanaf die strand met geslote-kringtelevisie en toegangsbeheer.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n pragtige see-uitsig. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Handdoeke word in elke badkamer voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en ander basiese toebehore toegerus.
Die sitarea het 'n dubbelslaapbank geskik vir 2 kinders, 'n TV, 'n etenstafel en 2 leuenstoele. Die volle DStv-pakket en WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na die balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig. Die gebou het ook 'n hysbak en kelderparkeerplek vir 1 voertuig met toegangbeheer en 'n aangewese braai-area, maar gaste moet hul eie braaigeriewe saambring.
Let dat in die geval van beurtkrag die gebou nie 'n kragopwekker het nie, maar wel LED-flitse.
Die gebou is naby restaurante met wegneemetes, winkels, 'n gholfbaan, 'n openbare swembad en inkopiesentrums en is sowat 36 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Kontant word nie op die perseel hanteer nie en daarom kan gaste wat op dieselfde dag as wat hulle bespreek wil inklok, nie aanvaar word nie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
James Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- George-straat 4, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Gaste dink Nautica Deluxe het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Van Ryneveld Strand Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-straat 4, Strand, 7139, Wes-Kaap