Old Halliwell Country Inn
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Curry's Post-weg, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 370 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Old Halliwell Country Inn is op die bekende Midlands Meander-roete geleë en is bekend vir sy ouwêreldse bekoring, gasvryheid en gerieflike B&B-verblyf in 'n rustige omgewing. Dit word deur sowat 100 hektaar se groot bome en pragtige tuine, groot grasperke, woud en volop voëllewe omring.
Die verblyf bestaan uit 14 en suite-kamers wat smaakvol versier is en elk 'n individuele kaggel en 'n stoep met 'n uitsig oor die Karkloofvallei het. Elke kamer het ook koffie- en teemaakgeriewe, verhitte handdoekrelings, 'n OpenView HD-TV en 'n haardroër. Old Halliwell Country Inn het ook geriewe vir troues en konferensies en verder is daar 'n gesellige restaurant vir ontbyt, middagete en aandete, 'n kroeg en 'n groot veranda waar gaste maaltye kan geniet. Die konferensiesentrum het plek vir 250 gaste, die kapel met plek vir 140 gaste en die onthaalgeriewe het plek vir 300 trougaste.
Gaste kan ook rondom die swembad ontspan of die Midlands Meander-roete met sy kunsvlytwinkels en restaurante, die Karkloof Natuurreservaat en Boomtoptoere, Midmar- en Albert Falls-damme, Howick- en Karkloof-valle, die Nelson Mandela Capture Site, bergfietsroetes, visvangdamme en -riviere, perdryroetes, polovelde en stoetplase verken.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Ou Curry's Post-weg, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Old Halliwell Country Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Howick Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Curry's Post-weg, Howick, 3290, KwaZulu-Natal