Sylvan Park Garden Apartments
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Steynsruststraat 10, Braeview, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
-
Vanaf
R970R679 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sylvan Park Garden Apartments bied gerieflike verblyf in selfsorgwoonstelle in 'n tuin met 'n uitsig op die Helderberg in Braeview, Somerset-Wes. Dié woonstelle is gemáák vir almal wat smag na 'n blaaskans.
Verblyf is beskikbaar in die Mountain View- en Sunbird-woonstel wat elk sy eie ingang het. Die woonstelle bied slaapplek aan 2 tot 3 gaste en het 'n koninggrootte-bed of 'n dubbelbed, slaapbank, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n kombuisie en 'n leefarea. Die kombuisies is met 'n yskassie, mikrogolf, induksiestoofplaat, gasstoofplaat, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 2 in Mountain View. Die sitareas het sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n buitestoep met 'n ronde tafel, stoele en 'n sambreel.
Mountain View lei na 'n stoep met 'n mooi uitsig op die Herlderberge en Sylvan Park se tuin. Sunbird is die sakpaskamer en lei na 'n klein stoep in 'n fynbostuin.
Gaste kan in die tuin ontspan en het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad, 'n doolhof en braaigeriewe. Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Gaste kan die Stellenbosch-wynroete en die 3 gholfbane in die area verken. Die ligging bied toegang tot winkelsentrums en die eiendom is ongeveer 8 km vanaf Strand se strand. Wynlandgoedere in die omgewing sluit Vergelegen, Avontuur en Eikendal in, en gaste kan die Lourensford-mark oor naweke geniet. Die Waterstone Village Centre is ongeveer 5 minute van die eiendom af. Natuurliefhebbers sal dit geniet om in die Helderberg Natuurreservaat te stap, en daar is baie bergfiets- en fietsryroetes in die omgewing.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Vanessa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 56
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Steynsruststraat 10, Braeview, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Sylvan Park Garden Apartments het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Steynsruststraat 10, Braeview, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap