Sylvan Park Garden Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sylvan Park Garden Apartments bied gerieflike verblyf in selfsorgwoonstelle in 'n lieflike tuin met 'n uitsig op die Helderberg. Dié woonstelle is gemáák vir almal wat smag na 'n blaaskans.

Ons het 3 woonstelle. Elke woonstel het 'n en suite-badkamer, kombuisie, 'n sitarea, en 'n patio. The Eagle Room het 'n koningingrootte-bed, Mountain View het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank, en The Pup is 'n snoesige kamer met 'n dubbelbed. Gaste kan rustig in die fynbostuin ontspan en is welkom om van die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe gebruik te maak.

Stellenbosch se Wynroete is altyd 'n wenner en daar is 3 gholfbane in die omgewing. Sylvan Park Garden Apartments bied gerieflike toegang tot winkelsentrums en dit is net 8 km vanaf die Strand. Wynplase in die omgewing: Vergelegen, Avontuur, en Eikendal, en meer. Gaste kan gerus ook 'n draai maak by Lourensford se markie gedurende naweke. Waterstone Village is 5 minute se ry van hier af. Die Helderberg Natuurreservaat is ideaal vir natuurliefhebbers en stappers, en daar is heelwat fiets- en bergfietsryroetes in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sylvan Park Garden Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za