Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3876 resensies.
"Goeie oorslaapplek op pad wildtuin toe met groot winkelsentrum vir laaste aankope. Die pad Punda Maria toe is nie die beste nie, maar by verre ook nie die slegste in die land nie."
"We were just passing through so can't really rate Polokwane, but we did eat supper at Dros and that was great value for money."
"Ons was jare gelede in die dorpie en die verval is duidelik sigbaar. Tog is daar ligpunte soos die Waltco slaghuis, waar jy goeie vleis teen bekostigbare pryse kan koop en ook groente, vrugte, brood, koeldrank, souse, alles wat jy kan nodig kry om heerlike etes by 'n selfsorg-eenheid te kan voorberei - ons het lekker gebraai."
"The roads from the highway were terrible. It will be economical to fix the roads. You would lose business if the roads are not fixed."
"Dit was my eerste keer in Tzaneen, en alhoewel dit belowend gelyk het met ons aankoms, was ek baie teleurgesteld in ons verblyf en die sentrale dorp wat ons die volgende dag beleef het."
"Ons glo dit is 'n ideale toeristebestemming. Kan gerus meer bemark word."
"Modimolle lyk soos enige ander dorp in die nuwe Suid-Afrika. Dit is nie iets wat ons kan beheer nie tensy die regte mense weer aan bewind kom."
"Vir 'n Bosveldbestemming is dit baie mooi en daar is darem genoegsame winkels om die nodigste aankope te doen. Die paaie in die dorp het wel aandag nodig, soos die meeste klein dorpies op die platteland."
"Polokwane is 'n besige plek maar daar is areas wat voel of jy in die bosveld bly."
"Eg glo die besighede in die dorp voorsien vir seker in elke toeris se behoeftes."
"Die dorp opsigself is vuil en vertoon slordig. Duidelike bewys van baie swak diens en instandhouding."
"Die dorp self is vervalle net soos alles in ons nuwe SA is. Dit gaan baie verg om ons stede en dorpe weer op standaard te kry, ek glo nie die huidige regering is in staat om dit te verander nie."
"The indigenous forest at Hangklip Reserve is good for birding. Vehicle with a bit of clearance is recommended. The picnic area is abandoned. Hiking and MTB trails in the area."