- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 450 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkambeni Contractual Park, Numbi-straat 139, Krugerwildtuin, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R2 660 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Nkambeni Safari Camp is 'n gerieflike, bekostigbare kamp in 'n privaat gedeelte van die Groter Krugerwildtuin. Dié kamp bied billike tariewe en gaste kan kies tussen opsies wat etes en wildritte insluit. Dit is natuurlik altyd ook die moeite werd om die Krugerwildtuin met jou eie motor te besoek.
Daar is 146 safari-tente wat ingerig is met lugversorging. Elke tent bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 ekstra lang enkelbeddens, 'n kampstapelbed vir kinders, 'n binne- en buitestort, koffie- en teemaakgeriewe, en verblyfgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.
Gaste is welkom om gebruik te maak van die woonkamer en die swembad- en kuierarea met sy uitsig oor die dam. Die restaurant is baie bekend en die bomabraai is 'n fees as die weer lekker is. Besoek gerus Danger Ranger Bush Pub en verlustig jou in die uitsig oor die watergat en die seekoei wat daarin baljaar.
Die kamp bied wildritte in die oggend en middag, staptogte in die bos en nagritte in die Krugerwildtuin. Gaste kan van hier af die Krugerwildtuin, God's Window, Graskop, Sabie en die plaaslike gholfbane besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Frans
- Duits
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
ANEW Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 148
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Nkambeni Contractual Park, Numbi-straat 139, Krugerwildtuin, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Nkambeni Safari Camp het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Nasionale Krugerwildtuin Mpumalanga
- Kapasiteit: 450 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkambeni Contractual Park, Numbi-straat 139, Krugerwildtuin, 1242, Mpumalanga