Nkambeni Safari Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nkambeni Safari Camp is 'n gerieflike, bekostigbare kamp in 'n privaat gedeelte van die Krugerwildtuingebied. Dié kamp bied billike tariewe en gaste kan kies tussen opsies wat etes en wildritte insluit. Dit is natuurlik altyd ook die moeite werd om die Krugerwildtuin met jou eie motor te besoek.

Daar is 146 safari-tente wat toegerus is met lugversorging. Elke tent bied slaapplek aan 4 gaste en is toegerus met 2 ekstra lang enkelbeddens, 'n kampstapelbed vir kinders, 'n binne- en buitestort, koffie- en teemaakgeriewe, en verblyfgeriewe, en 'n daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.

Gaste is welkom om gebruik te maak van die woonkamer en die swembad- en kuier-area met sy uitsig oor die dam. Ons restaurant is baie bekend en die bomabraai is 'n fees as die weer lekker is. Besoek gerus Danger Ranger Bush Pub en verlustig jou in die uitsig oor die watergat en die seekoei wat daarin baljaar.

Die kamp bied wildritte in die oggend en middag, staptogte in die bos en nagritte in die Krugerwildtuin. Gaste kan van hier af die Krugerwildtuin, God's Window, Graskop, Sabie en die plaaslike gholfbane besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nkambeni Safari Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 040 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za