5 gaste
0 slaapkamers
2 beds
1 badkamer
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Instagram
- Farm 27, Austrey Farm, Adelaide, 5760, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Austrey Lodge is 'n kothuis op die rustige Austrey-plaas in die voorheuwels van die Winterberge, sowat 40 km vanaf Adelaide in die Oos-Kaap.
Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 'n oopplan-uitleg met 'n dubbelbed, tripelstapelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is met 'n yskas, gasstoof, ketel en 'n verskeidenheid eetgerei en breekware toegerus.
Sneeu val soms hier, so gaste moet daarop voorbereid wees om gedurende die winter baie tyd voor die kaggel deur te bring. Die kothuis spog met 'n onderdakdek aan die voorkant met 'n warmbad en braaigeriewe. Van hiér af kan gaste die skilderagtige uitsig oor die foreldam bewonder, waar hulle ook kan visvang. Gaste kan gerus die plaas verken en gaan stap, velddraf of bergfietsry. Voëlkyk-entoesiaste kan op die uitkyk wees vir die majestueuse kransaasvoël, witkruisarend en die pragtige bosloerie en Knysnaloerie om maar net 'n paar te noem.
Die plaas bied verskeie damme, elk met verskillende visspesies, waar gaste teen 'n ekstra koste kan visvang. Austrey Lodge is redelik ver vanaf die naaste winkels en gaste word aangeraai om al hul benodighede saam te bring.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Kevin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Farm 27, Austrey Farm, Adelaide, 5760, Oos-Kaap
- Gaste dink Austrey Lodge het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Farm 27, Austrey Farm, Adelaide, 5760, Oos-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang