Fairfax Farmhouse
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R103, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Fairfax Farmhouse is 'n gerieflike en moderne plaashuis op 'n stil plaas in Nottingham Road, in die Natalse Middellande.
Dié plaashuis is geskik vir 8 gaste en het 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n groot kombuis, eetkamer, TV-sitkamer en 'n sonkamer met 'n tweede sit-area. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 2 wasbakke. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, toilet en wasbak het. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, koffiemaker en 'n toonbank met stoele toegerus. Die TV-sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Die sonkamer het gemaklike banke, 'n kaggel en stapeldeure wat oopmaak sodat gaste die uitsig kan geniet. Daar is ook 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai, ketelbraai en 'n etenstafel vir 10.
Aan die ander kant van die huis bied die lang stoep stoele om op te sit en ontspan en die uitsig vanaf te geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 26
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die R103, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Fairfax Farmhouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nottingham Road Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R103, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang