Graceland Farm
14 gaste
4 slaapkamers
10 beds
4 badkamers
- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Valley View Road, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Graceland Farm is naby Underberg geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of vriendegroep. Dié verblyf spog met 'n uitsig oor die landerye en die Suidelike Drakensberg. Hier is ongelooflike plaaslande vir stap en fietsry asook'n rivierfront met lekker forelhengel-geleenthede. Die plaas is net 5 km vanaf Underberg, met verskeie winkels, restaurante, en nabygeleë doendinge en besienswaardighede.
Die mooi grasdakhuis beskik oor 2 slaapkamers op die onderste verdieping en 2 slaapsale op die eerste verdieping. Die slaapkamers op die onderste verdieping het elkeen 'n dubbelbed en daar is 2 badkamers wat elkeen 'n bad het. Die slaapsale op die eerste verdieping het elkeen 'n dubbelbed en 3 enkelbeddens, en daar is 'n derde badkamer met 'n bad.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.
Die oopplan-sitarea het banke en 'n kaggel, en die eetarea het heelwat sitplek vir gaste om maaltye saam te geniet.
Daar is braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel. Let asb. dat daar geen WiFi of TV is nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Craig Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 41
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Valley View Road, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Graceland Farm het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Valley View Road, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang