+31
Selfsorg in Kamberg

Kamberg Valley Hideaway

  • Slaapplek vir 11 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Highmoor Road, Kamberg, Mooi River, 3300, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

Kamberg Valley Hideaway bied 3 selfsorgkothuise en is in die prentjiemooi Drakensberge, net 35 km vanaf Nottingham-pad in die Midlands Meander geleë.

Hierdie kothuis is langs Kamberg Valley Hideaway se hoofhuis, maar het 'n privaat ingang. Die Forest Cottage is apart en heeltemal privaat.

Mountain View Kothuis het 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer is ruim en baie gerieflik, en kan oor 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed beskik. Elektriese komberse, linne en handdoeke word voorsien. Die badkamer is ook ruim en het 'n groot stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, stoof, yskas en mikrogolfoond. Daar is 'n oopplan-leefarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die leefarea het 'n dubbeldeur wat na 'n privaat patio met braaigeriewe en asemrowende uitsigte op die berge lei.

Sunset Cottage het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Albei slaapkamers kan voorberei word met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n dagbed wat geskik is vir 'n kind. Dit is ook die beste plek om te ontspan met 'n goeie boek. Alle linne en handdoeke word voorsien, asook elektriese kombersies vir die kouer aande.

Dié huis se kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond en 'n mikrogolfoond. Alle eetgerei en breekware word voorsien. Die kombuis is oopplan en lei na die leef- en eetarea. Dié ruim vertrek bied deur skuifdeure toegang tot 'n privaat patio en 'n braai-area met 'n tafel, stoele en 'n Weber-braai. Gaste kan van hier af pragtige uitsigte op die berge geniet. Dan is daar 'n draagbare kaggel wat met hout gestook word en 'n sitstel in die leefarea, asook 'n etenstafel met stoele in die eetarea.

Forest Cottage is 'n drieslaapkamerkothuis wat slaapplek aan 6 volwassenes bied. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n groot stort. Alle linne en handdoeke word voorsien, asook elektriese komberse vir die winter.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en mikrogolf. Die leefarea is oopplan en het 'n lieflike vrystaande houtkaggel en skuifdeure wat na 'n privaat stoep met 'n beskutte braai-area lei. Die uitsigte oorkant die dam en die berg in die agtergrond is asemrowend.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Samantha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Highmoor Road, Kamberg, Mooi River, 3300, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Kamberg Valley Hideaway het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Highmoor Road, Kamberg, Mooi River, 3300, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • Slaapplek vir 11 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAecbf164cfaa02a6cbd5bf4135a22f4f530da6c6d8c4bfb5c324065daad481b6786be32891bbbb66430f87d0649780486581f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Highmoor Road Kamberg 3300 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.323504882867 29.695254181811
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang