Pick your preferred language

English

Afrikaans

+17
Selfsorg in Underberg

Pin Oak Cottage

10 gaste

4 slaapkamers

9 beds

4 badkamers

  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 1 Stoneyway, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

Pin Oak Cottage is 'n selfsorgkothuis in Underberg, 'n sonderlinge plaasdorpie aan die voet van die Suidelike Drakensberge in KwaZulu-Natal. Dié dorp is 'n gewilde stilhouplek vir besoekers wat die Sanipas op pad na Lesotho neem. Underberg se stofpaaie, bergstrome, sandsteenberge, gesellige kroeë en vriendelike inwoners betower menige besoeker en is 'n vakansiebestemming wat jou lank sal bybly.

Die kothuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die hoofhuis se agterdeur lei na die binnehof-area waar die derde en vierde slaapkamer geleë is. Die derde slaapkamer het 4 enkelbeddens in 'n slaapsaal-styl, en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Dié 2 kamers het en suite-badkamers met storte. Linne, handdoeke, ekstra komberse en elektriese komberse word voorsien.

Die kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 10 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n kaggel. Een bondel hout word gratis voorsien. Ekstra hout is op die perseel te koop. Gaste moet hul eie vuuraanstekers en braai-houtskool saambring.

Daar is veilige parkeerplek vir 4 voertuie waarvan 2 van die toesluitmotorhuis gebruik kan maak. Die kothuis word daagliks skoongemaak.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Bernadette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 1 Stoneyway, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Pin Oak Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 000
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 4 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek

1 Stoneyway, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZjNThhNGEwLTViOTEtNGZjOC05YzI1LWJjMGM2YWQ0YTQ3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag, vir 10 mense 24 5 1 5 1 Stoneyway Underberg 3257 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -29.801828972349 29.502229839563

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang