Pick your preferred language

English

Afrikaans

+43
Selfsorg in Oos-Kaap

Saffier River Cottage Farmstay

8 gaste

3 slaapkamers

5 beds

2 badkamers

  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Off the R344, Arbroath Farm, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Saffier River Cottage Farmstay is op 'n werkende plaas op die oewer van die Kraairivier en bied verblyf aan 6 volwassenes en 2 kleiner kinders in 'n selfsorg-kothuis 30 km vanaf Lady Grey.

Dié gemengdeklip-kothuis word omring deur pragtige landskappe en berge en is 3 km vanaf die hoofplaas geleë. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koninginggrootte-bed, 'n enkelbed, kot en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninginggrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed en 1 stapelbed vir 2 kinders tussen 2 en 8 jaar oud. Gaste deel 'n badkamer wat 'n bad het. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, elektriese yskas en kisvrieskas, eetgerei, breekware, kookgerei en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel.

Die leefarea lei na die lapa met braaigeriewe, asook 'n boma-vuurmaakplek. Gaste sal skape, beeste, melkbokke, verskeie voëls en ander wild op die plaas sien.

Gaste kan bergfietsry, draf, swem of in die rivier visvang. Daar is baie fossiele teen die berg en word gereeld deur paleontoloë van Wits Universiteit besoek.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Cora-Mart Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Off the R344, Arbroath Farm, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap
  • Gaste dink Saffier River Cottage Farmstay het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Off the R344, Arbroath Farm, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap

Sien kaart
  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaceabc95f778223171c9dc6b9a1811365f05183201839c4eff721e906ba874a40ef648d6135d136bee03b585f27eff37d158?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8) 14 5 1 5 Off the R344 Arbroath Farm 9755 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.892771 27.090524
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang