Samara Karoo Reserve
- 66 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Instagram
- Petersburg Road Off the R63, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Samara Karoo Reserve is in 'n pragtige area en bied 'n safari-ervaring wat heeltemal onafhanklik van die nasionale kragnetwerk is. Gaste kan dus hulself in die natuur en elegante eenvoud verlustig. Die reservaat word deur 'n amfiteater van berge omring en is in die Sarah Baartman-distrik sowat 56 km vanaf Graaff-Reinet geleë.
Gaste kan tussen 10 suites van verskillende groottes in die Karoo Lodge en 4 knus suites in The Manor kies. Die Karoo Lodge het 2 gesinsuites wat elk slaapplek aan 4 gaste bied, ander 8 suites bied elkeen slaapplek aan 2 gaste en die 4 suites in The Manor kan ook elkeen 2 gaste akkommodeer. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en elke suite het 'n privaat badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet.
Die suites by Karoo Lodge lei elk na 'n lieflike stoep met sitplek waar gaste 'n koppie koffie of 'n skemerkelkie kan geniet. The Manor lei na 2 leefareas en 2 kleiner sitareas. Gratis WiFi is in elke suite beskikbaar.
Plains Camp Tented Suites is ook beskikbaar. Hierdie safari-ervaring is onafhanklik van die nasionale kragnetwerk en fokus of stap-safari's. Elkeen van die 4 tentsuites het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort, 'n buitestort, kaggel en 'n sitarea.
Alle gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad, sitareas en eetareas waar hulle aan die maaltye wat ingesluit is, kan smul. Samara Karoo Reserve spog met oor 'n groot lodge wat deur die Groot 5-wildernis omring word en aktiwiteite sluit wildritte, begeleide staproetes, wildernis-pieknieks, jagluiperd-spoorsny te voet, seisoenale aardvark-besigtiging, voëlkyk en voetslaan in.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Petersburg Road Off the R63, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Petersburg Road Off the R63, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
Sien kaart- 66 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang