Zebula 97
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zebula Golf Estate and Spa, Zebula Lodge 97, Mabula, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Zebula 97 bied selfsorgverblyf in Zebula Gholflandgoed en Spa, Limpopo. Dit is ideaal vir gesinne, paartjies of gaste wat die natuur en rustigheid wil geniet. (Lawaai en "bachelors" of ander partytjies word nie toegelaat nie.)
Let op dat die hoeveelheid gaste en motors streng gekontroleer word.
Hierdie huis bied slaapplek vir 6 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers en 3 en-suite badkamers. Gaste kan kies tussen een koninggrootte-bed en 4 enkelbeddens OF 6 enkelbeddens in die drie slaapkamers. Twee slaapkamers is toegerus met ' n stort en een het 'n bad, elk met 'n eie toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die volledig toegeruste kombuis het 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster en ketel, sowel as 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n kombuistoonbank met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die oopplan-sitkamer het gemaklike rusbanke waar gaste kan ontspan, sowel as 'n slim-TV. 20 Gb voorafbetaalde WiFi is beskikbaar en bykomende data kan bygekoop word indien nodig. Die data is genoeg om sport of 'n film te kyk, WhatsApp e-posse ens. maar raak uitgeput indien almal op hul eie toestelle "stream" of sosiale media kyk.
Buite het gaste toegang tot 'n groot patio met sitplek, braaigeriewe en veilige parkering. Aktiwiteite op die perseel sluit in wild- en voëlkyk, stap en fietsry. Gaste kan ook aktiwiteite soos gholf, spa, wildritte, die swembad, gimnasium, restaurant en padel by die nabygeleë klubhuis (10 min. weg) geniet.
Neem kennis dat die hele distrik gereeld krag-onderbrekings ervaar wat gewoonlik redelik gou herstel word. Dit is totaal buite ons beheer en ons kan ongelukkig nie daarvoor vergoed nie. Ons bied wel sekere gas-fasiliteite en 'n enkele rugsteun-battery.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Ezette Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Zebula Golf Estate and Spa, Zebula Lodge 97, Mabula, 0480, Limpopo
- Gaste dink Zebula 97 het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zebula Golf Estate and Spa, Zebula Lodge 97, Mabula, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang