Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2370 reviews.
"Rustige en unieke dorp en altyd lekker om tyd daar te spandeer."
"Daar is baie om te doen en een van die "moet doen" goed is beslis 'n besoek aan die Sneeuberg brouery vir 'n "honey Ale " en een van hulle "cheese platters"."
"Ons het Britstown toe gegaan vir die skoon lug en rustigheid, asook die heerlike stil nagte. Dit het ons in oorvloed ervaar. Daarby is Britstown 'n skoon dorp met al die noodsaaklikste dinge. "
"Het nie werklik tyd gehad om die dorp te besoek nie, maar die omgewing bied definitief heelwat vir die natuurliefhebber."
"Pragtige dorpie, daar is baie om te doen en 1 dag is heeltemal te min om alles te doen wat Nieu-Bethesda bied."
"Nie-Bethesda is a must! I thought three days would be enough to see everything but sadly I needed even more days to finish exploring. Next time I will come in the cooler months as there are many walks on my list that are too hot to do in summer."
"Oulike dorpie met baie karakter en baie rustige gevoel heers in die dorp en mense."
"Hanover is klein en stil, maar het baie potensiaal. Dit is die ideale plek om te rus na en voor 'n lang dag se ry."
"Soos elke plattelandse dorp is die plek maar verwaarloos en strate in 'n toestand - dankie tog vir ordentlike oorslaap fasiliteite!"
"Beslis 'n dorpie om besoek te word. Baie interessant en ryk aan kultuur. Het meer as een dag nodig om dit behoorlik te verken!"
"Richmond is almost exactly halfway between Cape Town and Johannesburg and is a good overnight town to visit, whilst travelling between the two."
"Gaan besoek gerus die Padstal - slaghuis net om die hoek van die Spar in die hoofstraat, vir heerlike biltong, droëwors en Karoo-skaapvleis, bedien deur aangename, vriendelike mense."
"Ons ervaring is dat die dorp nie regtig voorsiening maak vir kos koop nie ... So vat maar jou eie goedjies saam."
"Ons het ongelukkig so laat arriveer dat ons nie Hanover kon verken nie. Was wel by die pragtige kerk. Sou graag meer van die dorpie wou sien!"
"Die kerk is steeds mooi. Huise oorkant die kerk lyk interessant, maar is nou verwaarloos. Ek sal nie die dorp as sodanig aanbeveel nie. "
"We stayed for two days but could have stayed a few days more, a very restful and peaceful place with a surprising amount of things to do and keep the kids busy."
"Wat 'n pragtige plek om oor te bly. As jy jouself wil rustig maak voor die vakansie in volle gang begin kan jy dit gerus in Nieu-Bethesda doen. Die pizza wat jy daar kry is die beste in die land!"
"Daar kan beslis meer gedoen word om Hanover te bemark as middelpunt tussen JHB en Kaapstad."
"Die Krip restaurant op die dorp is 'n uitstekende ervaring. Richmond is ook interessant as 'n boeke-snuffeloord."
"Die kerk en ander interessanthede het dit meer as net 'n oornagbestemming gemaak. "
"Besonders baie mense wat in die strate rondloop en selfs baklei, mens voel nie veilig nie."