Geverifieerde Resensie
Dolphin Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dolphin Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 203 resensies.
"The environment and the resort on its own is world class and it is definitely the place to stay at."
"Dit hang af van wat n mens of gesin wil doen. Ek werk in Wes-Afrika al vir drie maande en as ek bietjie huis toe te kom wil ek so rustige see-uitsig en private plekkie hê om te geniet. Lekker eetplekke is orals, net somer om elke hoek."
"Zimbali was pragtig, maar daar was bouwerk in ons area so dit was besig in die dag, en daar was gaste in ander huise wat vreeslik geraas het in die aande."
"Wonderlike bestemming - so baie om te sien en doen. Besonder skoon en veilig."
"Dit was my eerste keer in Shaka's Rock en ek het dit ten volle geniet. Dis baie stiller as in Durban en het 'n baie beter atmosfeer vir ons gehad."
"Lekker klein plek om vakansie te gaan hou. Strand is redelik skoon, maar twyfel of dit werklik van Blouvlag-standaard is en het die getypoel baie geniet."
"Heerlik sentraal, lieflike strandjies aan weerskante. Genoeg om te doen. Sal beslis Shaka's Rock aanbeveel en self teruggaan."
"Zimbali is beslis vyfster-kwaliteit! Al die lieflike swembaddens om van te kies om in te swem is net groot bederf. Al wat ek kon wens is dat ons toegangkaartjies by die woudgedeelte van die estate kon ingaan, want ek sou dit graag vir my dogter wou wys."
"Pragtige klein kusdorpie met 'n heerlike strand. Tog is jy naby genoeg aan die groter plekke sou jy enigiets nodig hê. Dis die perfekte plek vir 'n gesinsvakansie by die see."
"Salt Rock is 'n great bestemming met talle behoorlike 4-ster plekke, soos Canelands. Dis reg op die strand en die diens is 6-ster!"
"The young lady who serviced the villa during our stay was quiet, unobtrusive, efficient and a real asset to us all. We 'Johannesburgers' (especially) wish that Zimbali wasn't such a drive from Gauteng but we really appreciate having been able to visit the estate for our (special) holiday week."