Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Gouritz

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gouritz bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 178 resensies.

Gouritz

Hang Ten

"My favourite place."

Gouritz

Family Beach House in Gouritz

"Beste in die geweste!"

Gouritz

Marie's Flat

"Pragtige, rustige kusdorp met vriendelike mense."

Gouritz

Fisherman's Post

"Gouritz is die ideale plek as mens wil wegkom van als en net die see en geselskap geniet. Daar is nie verskriklik baie om te doen behalwe ontspan nie en die winkels het net die absoluut nodigste artikels, maar as jy goed voorbereid is is dit baie lekker. Dis nog 'n ouwêreldse tipe vriendelikheid en hartlikheid en vertroue wat stadsmense stomslaan. Daar is iemand wat ys verkoop van hul huis - op 'n eerlikheidsbasis - jy stap dag of nag in - vat ys uit die vrieskas en gooi jou geld in die geldsakkie - en jy is self verantwoordelik om jou kleingeld uit te tel! Ongelooflik en hulle sê daar het nog nooit iets weggeraak nie! Waar kry mens dit nog vandag?"

Gouritz

Gouritz SeeHuisie

"Gouritz is 'n baie stil en rustige dorpie. Ook baie veilig daar."

Gouritz

SandyPaws

"Oulike plek en aan te beveel."

Gouritz

Hang Ten

"Beautiful, peaceful and clean town."

Gouritz

Sea La Vie

"Gouritz het ons met ope arms verwelkom! Almal is ongelooflik vriendelik en groet in die verby stap or ry. Die dorp is skoon en netjies en veilig. Beide algemene handelaars het basiese lewensmiddels. Daar is genoeg plek om te stap of te sit en kyk. Die rivier en see bied geleentheid vir hengel of swem. Die sononder en sonop was asemrowend."

Gouritz

Pik ’n Wyn

"Gouritz is a lovely place to take children. There is a river and tidal pool for the little ones and the strong waves for the grown-ups."

Gouritz

Gourits Holiday Flats

"Is baie goed geleë veral as jy rustigheid soek en 'n kranige visserman is. Niks vir kinders om te doen behalwe see en sandboarding op sonnige dae nie."

Gouritz

11 @ Gourits Selfsorg

"Ongelooflik mooi."

Gouritz

SandyPaws

"Lieflike, klein, rustige dorpie wat met sy paar winkeltjies vir seker in alle behoeftes voorsien. Kan lekker op die strand gaan stap en almal wat mens teëkom is vriendelik en gaaf."

Gouritz

Gourits Holiday Flats

"Nie gou weer nie."

Gouritz

Die Anker

"A little slow for me, but we had a great time."

Gouritz

C Toe

"Die dorp het nie baie aktiwiteite wat hy bied nie. As winkels en restaurante jou ding is, bly weg. Jy moet slegs wil see toe gaan of visvang. Stilte, vrede en rustigheid sal jy hier vind."

Gouritz

SandyPaws

"Rustige, pragtige plek wat baie kan bied."

Gouritz

Laventelbos

"Ek en Barry het dit baie geniet, lekker gerus en stil stappies by strand baie geniet."

Gouritz

Gouritz SeeHuisie

"Dis 'n oulike en pragtige klein dorpie."

Gouritz

Pik ’n Wyn

"Sal enige tyd daar gaan bly."

Gouritz

Pik ’n Wyn

"Pragtige mooi, skoon plek."

Gouritz

Beach Break

"A lovely, friendly little place to visit."

Gouritz

Gourits Holiday Flats

"Nie veel om te doen, behalwe as jy 'n ernstige hengelaar is nie."

Gouritz

Pik ’n Wyn

"Gauritsmond is a very small quiet coastal town. Perfect for resting and enjoying the sea."

Gouritz

Laventelbos

"Juweel van die Suidkaap!"

Gouritz

Gourits Holiday Flats

"Gouritz kort 'n wasgoedplek wat wasgoedmasjiene het wat met coins of tokens werk. Die plekke wat aanbied om wasgoed te was is buitensporig duur. Moes inry Hartenbos toe net om wasgoed te kon was."

Gouritz

Huisie oppi Kus

"Recommend the municipality to install speed bumps on Kus Road for the safety of young kids walking and playing."

Gouritz

Gouritz SeeHuisie

"Vir 'n huisgesin soos ons wat tuisskool en klein kinders het, is Gouritz die ideale plek om buite seisoen te gaan kuier en net lekker te ontspan."

Gouritz

Wheatland's Farm House and Chalets

"Vir my het dit gegaan oor die oornaggeriewe wat naby Vleesbaai is."

Blad
Wys 1 tot 30