Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4924 reviews.
"Dis nog altyd ons gunstelingbestemming gewees omdat daar altyd 'n versteekte skat iewers is om te ontdek en die V&A Waterfront een van ons gunstelingplekke is om na toe te gaan vir 'n ete of aand van ontspanning!"
"Kaapstad is die begin van Suid-Afrika se geskiedenis, met die Kasteel, Constantia, Robben Eiland om net 'n paar te noem. Voeg daarby die ongelooflike natuur met Tafelberg, Kirstenbosch, die voëlpark en strande en dis genoeg om almal te akkomodeer."
"Beplan maar roetes vooraf, want die Kaap is mooi en het baie plekke om te sien."
"Bly uit die hoofstad wat baie besig is en bly liewer in die voorstede. Die kasteel was verwaarloos en ONS kon geen veilige parkeerplek naby vind nie. Die meeste goed soos die kabelspoor was gesluit as gevolg van Covid.. Die Green Square-mark bestaan nie meer nie. In kort, lekker om die strande en wandelpaaie te beleef, maar bly uit die stad wat onveilig en besig is met al die eenrigting rylane."
"Baie besig in die stadomgewing en ongemaklik met al die eenrigting rylane. Besienswaardighede soos bv. die kasteel is verwaarloos met min of geen parkering beskikbaar nie. Sal persoonlik nie weer in die stad boek nie maar wel op die buitewyke soos Tableview, Bloubergstrand, Melkbos, Strand of Gordonsbaai."
"DIt is nie verniet op die lys vir internasionale besoekers en toergroepe nie. Die weer is die beste tussen Desember en Februarie, maar die mooie Kaap bly mooi enige tyd van die jaar. Blomme van Namakwaland begin reeds in Langebaan net buite Kaapstad en is Augustus die mooiste. Daar is oneindig baie te sien en te doen in die Kaappunt-omgewing met sy ryk geskiedenis, wynplase van 5 geslagte, spesery-roete, Tafelberg-kabelkar, akwarium (nie so opwindend soos Durban s'n nie), see, berge, berg, berg, veral meer binnelands toe, skilderagtige winkeltjies in Stellenbosch en Paarl. Heerlik, maar kan woeste winde en aanhoudende reën kry wat nie werk vir ons Pretorianers nie. Ons ken net sonskyn winters."