Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kroonstad

+4

Beskrywing

Kroonstad is in 1855 gestig en vandag die derde grootste dorp in die Vrystaat. Dis 'n paradys vir avontuurlustige toeriste en diegene wat fanaties oor ons land se geskiedenis is!

Gaan speel 'n potjie gholf in die dorp, vang vis in die Valsrivier of op Bloemhoek-dam, en ry boot op Serfontein-dam.

Kroonstad is waarskynlik vernoem na Kroonsdrift ('n deurgangsplek in die area waar die dorp gelee is) of Sarel Cilliers se perd (wat in Kroonspruit verdrink het). Alhoewel daar 'n onsekerheid oor die naam se oorsprong heers, is dit duidelik dat Kroonstad 'n ryk kultuurgeskiedenis het.

Toeriste kan die Bloemspruit-monument besoek om aan almal wat in die Kroonstad Konsentrasiekamp gesterf het, hulde te bring. Die Sarel Cilliers-gedenkteken op die NG Kerk-perseel is ook 'n gunsteling-aantreklikheid.

Loer gerus hieronder deur al die lekke opsies vir akkommodasie.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor Kroonstad te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in Kroonstad te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.