Geverifieerde Resensie
Riebeek-Kasteel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek-Kasteel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 243 resensies.
"Riebeek-Kasteel is reeds een van my gunstelingbestemmings in die Wes-Kaap. Ek is bly ek het besluit om dit met familie van Gauteng te deel."
"Was heerlik verras met al die winkeltjies en diens van restaurant tot PnP. Alles was pynlik netjies op die rakke. Troue by De Vlok was pragtig. Pragtige kerk!"
"Die rustigheid en oorspronklikheid, asook vriendelikheid van die mense in die Vallei, staan uit. Die verskeidenheid eetplekke is ook 'n pluspunt. Sal weer gaan."
"Daar is genoeg om jou vir twee tot drie dae besig te hou. Maar indien jy beplan om langer te bly moet jy maar bereid wees om na ander dorpe ook te ry."
"Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek."
"Ek sou aanbeveel dat die dorpsplein ontwikkel/verfraai word om die hart van die dorp positief te weerspieël."
"Riebeeck-Kasteel is 'n pragtige plekkie, ek sal regtig weer teruggaan, en kan dit vir almal aanbeveel."
"Beautiful environment, but walking and cycling paths poorly indicated or absent. A pity there is no natural swimming water, river, lake or dam; nobody's fault but part of a description for tourists."
"Beautiful part of the world and quaint villages with excellent cuisine and lots to do for nature lovers."
"Het ongelukkig nie tyd gehad om regtig deur die dorpie te gaan nie, maar sal beslis weer vir 'n besoek gaan."
"Besoek die dorpie gerus en geniet die gasvryheid van die platteland. Oulike winkels en restaurante. Geleë naby al die dorpe in die omgewing soos Porterviile, Tulbagh, Piketberg ens."
"Prentjie mooi, soos uit 'n storieboek. Ons sal verseker weer gaan, en langer. Ek voel of ons 'n juweel ontdek het, want ons ken net die Kaap self. Die Waterfront, wynplase, al die gewone goed. En daar vind ons Riebeek-Kasteel soos vanuit 'n droom! "
"Heerlike dorpie om in rond te loop, sou net 'n bietjie meer kunsgalerye wou sien."
"Dit was ons tweede besoek aan Riebeek-Kasteel. Dit het gevoel asof ons nie regtig in Suid-Afrika is nie. Suid-Afrikaanse eetplekke en etes skaars. Vreeslik Engels met musiek hoofsaaklik Frans en Duits. Ek persoonlik het 'n bietjie ontuis gevoel in my eie land."
"Sentraal geleë en die rustigheid sal jou altyd laat stop al is dit net vir 'n koppie koffie."
"Definitief 'n besoek werd. Interessante winkeltjies en heerlike restaurante en koffiewinkels."
"Die mense is vriendelik en die eetplekke maak almal heerlike kos. Ons geniet die omgewing en die Spa-behandelings help met daardie rustige gevoel wat pas by die mooi van die gebied."