Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Rosendal

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Rosendal bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 172 resensies.

Rosendal

Witteberg Cottage

"'n Besoek aan Rosendal word beslis aanbeveel en Witteberg Cottage is ideaal. Die Senekal - Rosendal pad het baie slaggate, maar as jy stadig en versigtig ry is dit nie 'n onoorkombare probleem nie. Ons het dit gedoen in 'n gewone 2 wiel-aangedrewe sedan met lae vryhoogte."

Rosendal

Modderfort

"Hierdie dorpie het diep in ons harte gekruip. Beslis die moeite werd om te besoek. Pragtige natuurskoon en vriendelike mense. Die regte plek as jy wil kom rus en wegkom van die stad se geraas."

Rosendal

Williams Guest House

"Ek is gek oor die dorpie se rustigheid en die vriendlikheid van sy mense. Oppiedam se restuarant is so perfek geleë met goeie diens en kos wat vars gemaak word. Wees net bewus dat die teerpad na Rosendal nogal erg verbrokkel is en 'n mens moes maar rustig wees en dit kalm vat op die pad."

Rosendal

Witteberg Cottage

"Dis 'n pragtige omgewing, en al die mense en besigheidseienaars ( Oppidam, Yolla's en Benjamin's) was vriendelik, toeganklik en uiters behulpsaam. Die pad vanaf die afdraai vanaf Senekal is uiters verweerd en moet met versigtigheid aangedurf word."

Rosendal

Beesbos

"Lieflike dorpie wat ons platgery het te fiets en lang dorpstappe. Fantastiese eetplekke en die inwoners is die gasvryheid self! "

Rosendal

Beesbos

"Paaie na die dorpie is baie vervalle en vir iemand wat met 'n normale voertuig soontoe reis is die pad baie langer. Krag en water op die dorpie is ietwat van 'n probleem, maak seker dat die woning waar jy bly 'n watertenk en kragopwekker het, vir ingeval daar niks van beide is nie. Selfoonopvangs gemiddeld, maar internetopvangs nie baie goed nie, dus nie geskik vir 'n besigheidswegbreek nie. Goeie toeristebestemming om weg te kom van alles, maar wees bereid om die "creature comforts" af te staan vir die tyd wat jy daar kuier."

Rosendal

Beesbos

"Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. Restaurante baie baie lekker. 'n Lekker rustige kuier."

Rosendal

Meerkat Manor

"Baie rustig, inwoners vriendelik en eetplekke baie goed."

Rosendal

Meerkat Manor

"Die munisipaliteit sal dringend moet kyk na water en kragvoorsiening na die mooi plekkie. Die teerpad is bykans onrybaar met vele slaggate."

Rosendal

Witteberg Cottage

"Baie stil dorpie, maar hoe stiller hoe beter om uit te rus."

Rosendal

Die Studio Cottage

"As jy net wil ontspan met die rustigheid van die natuur en gasvryheid en vriendelikheid van mense wil ervaar, is Rosendal die wegbreekplekkie vir jou!"

Rosendal

Meerkat Manor

"Altyd 'n fantasiese bestemming."

Rosendal

Beesbos

"Beautiful artsy small town, the Clarens of the early 2000s."

Rosendal

The Rosendal Country Retreat

"I cannot wait to see it grow."

Rosendal

Die Studio Cottage

"Mooi dorpie, baie vriendelike mense. Nie vir mense wat groot opwinding soek nie, maar lekker vir rus en ontspan."

Rosendal

Modderfort

"Rosendal is a hidden gem."

Rosendal

Die Studio Cottage

"The best kept secret! Lieflike ontbyt by Oppiedam en die beste eggs benedict by Benjamin's Wafels."

Rosendal

Modderfort

"Elke mens in die dorpie is hartlik en gerig op toerisme. Parkeer jou kar en stap en ervaar. Ons was aangenaam verras met die kos! Gunsteling restaurant? Op Die Dam."

Rosendal

Middelvlei

"Rosendal - daar wil ek gaan woon! Pragtige natuurskoon, oulike eetplekkies, bekorende uitsigte en, bowenal, vrede en stilte in oorvloed!"

Rosendal

Modderfort

"Beautiful. "

Rosendal

Die Studio Cottage

"A great place to get away from the city. Rosendal is a quiet town with welcoming residents and beautiful accommodation."

Rosendal

Modderfort

"Ons was gedurende die week daar om 'n verjaarsdag te vier, maar maak gerus 'n langnaweek daarvan as meer dinge gebeur, veral op die kunsfront! Vergeet van yuppie Clarens, Rosendal het nog hart."

Rosendal

Die Withuis

"Dis 'n great plek om te gaan rus vir 'n paar dae."

Rosendal

Die Withuis

"Rosendal is 'n pragtige, klein Vrystaatse dorpie. Baie rustig. Inwoners baie vriendelik en hulpvaardig. Oppidam Coffee Shop beslis 'n moet, baie vriendelike diens en Hennie en Rudi se kos is uitstekend. Benjamins word aanbeveel vir die allelekkerste wafels, veral die appelstrudel! Sal beslis weer teruggaan vir rus en vrede."

Rosendal

Die Studio Cottage

"Almal moet daar kuier, ten minste een maal in jou leeftyd."

Rosendal

Modderfort

"'n Goeie koffiewinkel wat fokus op koffie sal great wees!"

Rosendal

Die Studio Cottage

"Die teerpad Rosendal toe is moeilik en vol slaggate, maar dis die moeite werd. 'n rustige, mooi dorpie vol kreatiewe mense."

Rosendal

Die Studio Cottage

"Pragtige dorp. Eetplekke bedien heerlike kos. Die natuur is asemrowend. Voel of sterre snags net bo jou kop is."

Rosendal

Meerkat Manor

"Rustige dorpie met wonderlike mense. Die atmosfeer van die dorp is net wonderlik."

Blad
Blad 3 - Wys 61 tot 90
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem