Verified Reviews
Struisbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Struisbaai
Rated 4.7 out of 5 based on 589 reviews.
"'n Lekker rustige bestemming - perfek vir afskakel. Heerlike restaurante en kuierplekkies en pragtige natuurskoon."
"If you catch the wrong days wind will blow you away. Kids had a swim which was great. Remember water is brackish so take your own of buy."
"Uitstekende plek, of jy nou gaan vir 'n naweek of lang vakansie, of jy nou oud of jonk is, daar is meer as genoeg om te doen en te sien en dit is beslis my gunstelingdorp. Ek gaan minstens 5 keer 'n jaar Struisbaai toe."
"Augustus is nie die beste tyd om te gaan nie, maar dink dit sal heerlik wees in die somer. "
"Dit is seker een van die mooiste dorpe op ons Suid-Afrikaanse kus. Die strande is oop en strek vir kilometers ver. Die hawe is natuurlik 'n moet sien met die groot swart stingrays wat daar rond swem as daar kos is. Dit is 'n ongelooflike belewenis. Die mense is so vriendelik en laat jou sommer tuis voel. As jy nog nie daar was nie, maak 'n plan en gaan. Jy sal nie spyt wees nie."
"Very close to Cape Agulhas, which is very well maintained. Excellent walking on boardwalks all over."
"Wil so gou moontlik teruggaan vir lekker vis, dis heerlik daar veral vir klein kinders. Daar is nie strome by die hawe se strand nie. Love dit!!"
"Struisbaai en Agulhas is 'n pragtige bestemming, vriendelike mense, pryse van produkte en memorabilia by winkeltjies nie duur nie, nie geprys vir oorsese besoekers nie. Dankie Stilbaai en Agulhas."
"Lekker klein dorp-gevoel. Mense is gaaf, maar toeriste word bietjie uitgebuit tydens die seisoen - gastehuise en restaurante."
"Lieflike, uitgestrekte strand ideaal vir ver stap. Water minder koud en swemstrande self is besoekersvriendelik. Wind koel en rukkerig met tye en moet jy jou hoed vashou as jy op die strand gaan tyd deurbring. Kan of met korter mooi geskraapte grondpad of langer teerpad bereik word."