Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 434 reviews.
"'n Pragtige deel van ons mooi land. Skoon en netjies met 'n wye keuse van eetplekke en aktiwiteite."
"Dis 'n pragtige omgewing en ons het heerlik in 'n plaaslike restaurant geëet."
"Die natuurskoon is wonderlik. Ook lekker skoon uitgestrekte strande. Naby aan ander dorpe wat dag uitstappies baie gerieflik maak. Sal altyd weer teruggaan. "
"Ons gaan elke jaar, elke jaar is ons nie teleurgesteld nie. Net nog een van SA se beste bestemmings!"
"Wildernis is 'n uitstekende toeristebestemming met baie goeie restaurante en koffiewinkels wat loopafstand is, mooi strande en asemrowende natuur reg om die dorp!"
"De wandeling naar de waterval is heel mooi. Restaurant Flavia is een aanrader."
"Lieflike dorpie met mooi strand en lekker eetplekke. Lekker sentraal en maklik om by George, Knysna en omliggende dorpe uit te kom. Pas net op vir al die spoedkameras."
"Ons het al voorheen by Wildernis gebly en het daarom weer daar bespreek. Die 4 ster was net nie wat ons verwag het nie. Ons vorige ervarings was uitmuntend, asook al die eetplekke wat ons besoek het."
"Wildernis is 'n lieflike dorp met 'n pragtige strand en die lekkerste kuierplekke vir die aande. Sal beslis Wildernis aanbeveel!"
"Ideaal met George Lughawe wat naby is en Wildernis is op die N2-roete. In die middel van Kaapstad en Port Elizabeth."
"Wilderness is an awesome place with great people and the views are just amazing! t is located in the center, between George and Knysna and that's another awesome factor! It is very convenient and offers easy access to beaches and there is plenty of activities for everyone."