Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Si

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Jutland-singel, Port Elizabeth Sentraal, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Vanaf R690 R552 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Casa Si is in sentraal-Gqeberha (Port Elizabeth) geleë en bied gerieflike verblyf naby St George's Hospitaal, die krieket- en rugbystadion.

Verblyf is in 'n kothuis en woonstel beskikbaar. Die woonstel is aan die hoofhuis verbind en die oopplan-slaapkamer het 'n dubbelbed, stort, wasbak en toilet. 'n Ekstra slaapbank of bed kan vir 'n derde gas gereël word. Die kamer lei na 'n kombuisie met stoof, mikrogolfoond, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met Netflix. Gaste kan hul eie DStv-besonderhede gebruik.

Die kothuis het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die oopplan-sitarea het 'n TV met Openview en 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskassie, mikrogolfoond, ketel en broodrooster.

WiFi is beskikbaar en gaste het toegang tot 'n tuin en 'n onderdak buite-area met braaigeriewe en 'n klimraam waar kinders kan baljaar.

Casa Si is 7 km vanaf die strand en Splash Waterworld en 6 km vanaf die Broadwalk Casino en winkelsentrum. Stanley-straat met met 'n rits restaurante en kuierplekke is 3 km ver. St Georges Hospitaal is 1 km ver, Edge Daghospitaal is in dieselde straat as die huis, en Hunters Hospitaal is 500 m ver. Daar is ook 'n binnenhuise swembad stapafstand ver wat teen 'n ekstra koste besoek kan word. Gaste kan strand toe gaan, skubaduik, bergfietsry of die talle besienswaardighede in die area, soos die Seaview Predator Park en Bayworld Museum besoek.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Retha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Jutland-singel, Port Elizabeth Sentraal, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink Casa Si het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R690
R690 R552
per nag, vir 2 mense
Vanaf R690
R690 R552
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Jutland-singel, Port Elizabeth Sentraal, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA338f554c65032bc0399c043afffce87d6f5578578ca01e486f7562e8f22737dd9a0fed1b12c9decdb6534637c446cd863f78?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R690 nouVanaf R552 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Jutland Crescent Port Elizabeth Central 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 12:00 -33.968607928298 25.614676415036

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang