@Zebula Cherry Creek - ZPR113
18 gaste
6 slaapkamers
14 beds
5 badkamers
- 18 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
@Zebula Cherry Creek - ZPR113 is 'n luukse boslodge met 'n grasdak op 1600 hektaar-Afrika-bosveld. Dit skuil in die Waterberge in die Zebula Golf Estate and Spa in Bela-Bela wat 'n gholflandgoed, natuurreservaat en spa bied.
Hierdie luukse lodge beskik oor 'n hoofhuis en 2 selfsorgchalets wat slaapplek aan 18 gaste bied. Die hoofhuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die solderarea het 2 enkelbeddens vir kinders onder 12.
Die 2 selfsorgchalets bied slaapplek aan 12 gaste. Elke chalet het 2 ruim slaapkamers en 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eerste slaapkamer in elke chalet het 'n koningingrootte-bed met lugversorging, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n solderarea met 2 enkelbeddens vir kinders onder 12 aangesien hulle by 'n leer moet opklim. Elke chalet bied slaapplek aan 6 gaste.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, ysmasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel en stoele en die hoofleefarea onder het 'n sitkamerstel, kaggel en 'n platskerm-TV met sekre DStv-kanale. Die leefarea bo het 'n sitkamerstel.
Die hoofhuis lei na die onderdak-kuierarea met 'n kroeg, bosveldkombuis, Weber-gasbraai, sitarea en eetarea met 'n tafel, stoele en platskerm-TV. Daar is ook 'n groot vuurput en 'n swembad met 'n veiligheidsnet.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 33
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Sien kaart- 18 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang