Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Inkwazi Game Breeders

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Inkwazi Game Breeders is 'n plaas in die Waterberg in Limpopo. Die plaas bestaan uit meer as 1000 hektaar se koppies en oop vlaktes met 'n verskeidenheid wild soos koedoes, impalas, kameelperde en waterbokke.

Verblyf bestaan uit 3 eenhede, naamlik Eagle's Nest, Inkwazi Family Unit en die King Fisher Damhouse. Eagle's Nest is 'n knus houthuisie met slaapplek vir 4 gaste op die dam. Die eenheid het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n bad. Daar is 'n kombuis wat met eetgerei, breekware, mikrogolfoond, oond, stoof, yskas en 'n vrieskas toegerus is. Daar is ook buitebraaigeriewe.

Die Inkwazi Family Unit bestaan uit 4 chalets met slaapplek vir 9 gaste. Die chalets sluit die Eagle-kamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, die Cheetah-kamer met 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, die Zebra-kamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en die Kudu-chalet met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is ook 'n kombuis, sitarea, eetarea en 'n braai-area.

Die knus King Fisher Damhouse is reg voor die groot visdam met 'n uitsig op die koppie. Die tweeslaapkamerhuis het 2 badkamers met 'n bad of 'n stort elk. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is 'n solderarea met 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n kombuis wat met basiese eetgerei, breekware, ketel, mikrogolfoond, stoof, yskas en vrieskas toegerus en daar is ook braaigeriewe. Linne, toiletpapier, handdoeke en vuurmaakhout word voorsien. Die verblyf is ideaal vir gaste wat hou van voëlkyk.

Troeteldiere is welkom op versoek en daar is selfsorggeriewe, 'n gastesitkamer en 'n braai-area. Gaste is welkom om op die perseel voëls te kyk, bergfiets te ry en vis te vang. Gaste kan ook deelneem aan die plaasaktiwiteite.

Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, voëlkyk en visvang in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Ryan B
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing, rustig en baie pret. Ons het baie lekker gebly en sal vir seker weer terug gaan enige tyd. Die mense is vriendelik en die plek is amazing.
Jun 2024
Ivan K
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflike lekker rustige wegbreek! Die huisie wat ons in gebly het, was ongelooflik. Alles saam dit bly mens op 'n klein eiland omring met natuursk...
Sien meer
Okt 2023
Frik P
Saam met lewensmaat
4.6
Ons het beslis ons tyd by Inkwazi baie geniet. Die visvang was beslis die hoogtepunt in die pragtige dam wat beslis nie 'n tekort aan vis het nie. ...
Sien meer
Sep 2023
Herman H
Gesin met klein kinders
4.6
Baie lekker. Daar is baie vis, dis ongelooflik mooi. Sou net daarvan gehou het as die huisie meer toegerus is soos 'n mikrogolfoond, steak messe ens.
Mei 2023
Celia V
Saam met lewensmaat
4.4
Heerlik gekuier. Natuurskoon is pragtig en rustig. Heerllik gekuier en visgevang.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Danie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 54

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
  • Gaste dink Inkwazi Game Breeders het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiYTYxZTIwLTRiOWItNGJjNy1hODllLTYxMzMyNTU3NzdiNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4) 54 5 1 5 Farm Dedimus portion 3 Waterberge 0530 Limpopo 021 201 8901 13:00-18:00 11:00 -24.247925272303 28.450658169312

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang