Beskrywing
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Slaapbank is ideal vir kinders maar volwassenes is welkom om ook die bank te gebruik vir slaap. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n strykyster en strykplank asook oopvou wasgoed rak. Die leefarea beskik oor 'n etenstafel, gemaklike sitplek, bordspeletjies en 'n TV. WiFi-toegang word voorsien. Buite is daar 'n braai-area waar gaste kan terugsit, ontspan en gehaltetyd saam deurbring.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Reëls & veiligheid
Slaapkamer & wassery
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Kansellasiebeleid - Gaaf
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
LEKKE BY DIE SEE 2 Dis 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in die boonste gedeelte van 'n dubbelverdieping-houthuis op die gasheer se perseel in Danabaai, Mosselbaai. Dit kan tot 6 volwassenes akkommodeer. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 'n dubbel slaapbank vir 2 volwassenes of 2 kinders. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, 'n haardroër, 'n waaier, kaste asook 2 gemak stoele. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en kas spasie. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n lugbraaier, gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met DStv, Showmax. WiFi-toegang word voorsien. Daar is 'n kaggel vir die koue winternagte en 'n omskakelaar vir beurtkrag. Die eetkamer het 'n etenstafel vir 6 gaste en 'n pragtige see-uitsig. Daar is 'n vermaakarea met gemaklike rusbanke, 'n dagbed wat ook die slaapbank is vir kinders of 2 volwassenes, asook ekstra komberse, 'n veerpyltjiebord en bordspeletjies. Pragtige see-uitsig. Die waskamer het 'n wasmasjien, tuimeldroër, strykyster en strykplank. Daar is ook wasgoedlyne vir wasgoed. Op die buitedek kan jul na die mooiste see uitsig kyk. Daar is 'n piekniektafel met stoele waar etes geniet kan word terwyl die sonsondergang aanskou word. Daar is ook 'n dagbank, 'n barrel tafel en stoele waar 'n vars koffie of skemerkelkie geniet kan word. 'n Braaier, braai trollie asook 'n Weber-braai. Daar is 'n swembad met tafel en sit bankies, 'n tuin en gras. Die eiendom is omhein en honde is welkom.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Gesin & troeteldiere
Kombuis & eetkamer
Nutsdienste & kantoorgeriewe
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Tariewe wat vertoon word is op 'n selfsorgbasis.
Kansellasiebeleid - Gaaf
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
332 Flora Road, Dana Bay, Mossel Bay, 2570, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang