+169

Leopard's Valley Guest Cottages

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 79 Bourke Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Leopard's Valley Guest Cottages is in die bekoorlike klein dorpie Graaff-Reinet geleë en bied gerieflike akkommodasie vir oornagreisigers, vakansiegangers en sakereisigers. Dié blyplek is in die ou dorp in Bourke-straat 79 binne loopafstand van plaaslike museums, restaurante en winkels af geleë.

Leopard's Valley bied 6 gerieflike, privaat kothuise wat versteek is in 'n beskutte tuin.

Kamer 1 het 'n dubbel- en 'n enkelbed met slaapplek vir 3 gaste. Kamer 2 het 'n dubbelbed en 3 enkelbeddens, ideaal vir 'n gesin van 5. Kamer 3 bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n koninggrootte-bed, wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook 'n enkelbed en 'n slaapbank. Kamer 4 bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 'n koninggrootte-bed, wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word, en 'n ekstra enkelbed. Kamer 5 is 'n tweeslaapkamereenheid met slaapplek vir 4. Dit het ook 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word in elke kamer, afhangende van jou behoeftes. Kamer 6 het 'n dubbelbed en 'n enkelbed wat slaapplek aan 3 gaste bied.

Alle die eenhede is heeltemal selfsorg met en suite-badkamers. Linne en handdoeke word voorsien.

Parkeer jou motor of sleepwa met gemoedsrus langs die kothuise in die groot, veilige parkeerarea van die straat af. Die instansie is troeteldiervriendelik, so jy kan jou vierpotige vriende ook saambring.

Vra gerus die eienaars oor enige plaaslike doendinge in ons geskiedkundige dorp. Hier kan jy wildkyk in die Karoo Nasionale Park of gaan eet by een van die Karoo se bekroonde restaurante.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 122 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Megan C
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent stay. Very friendly welcome and the accommodation is spotless. Very comfortable bed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Jeanne M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. Baie lekker gebly, sal die plek graag voorstel.
Nov 2025
Ronelle O
5.0
Gerieflik en stylvolle ruim kothuis in 'n mooi veilige omgewing. Die gasheer was baie behulpsaam en vriendelik. Ek kon veilig in die pragtige omgewing...
Sien meer
Nov 2025
Jan G
Saam met lewensmaat
5.0
Halfweg stop oppad Kaap toe. Lekker sentraal geleë.
Okt 2025
Werner W
Saam met lewensmaat
5.0
Great stop over. Great host and comfortable stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Nikki Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 122

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 79 Bourke Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Leopard's Valley Guest Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 79 Bourke Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA46e20c050c4f6431e53857b9c3e603306891a9eedd0234bc7defcf3b724be7ebc5194f250283af8aca96469924362746b09d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 122 5 1 5 79 Bourke Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.25546286689 24.535270929337

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang