- Slaapplek vir 26 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 159 Hornbill Street, St Lucia, KZN, 3936, KwaZulu-Natal Sien kaart
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Little Eden St Lucia bied luukse verblyf in smaakvol versierde selfsorgwoonstelle. Dit is versteek op die randjie van die iSimangaliso Vleilandpark en ons vriendelike en hulpvaardige personeel staan gereed om jou die allerbeste in privaatheid en gemak te bied.
Ons het 6 pragtig versierde en ruim selfsorg-eenhede wat volledig toegerus is met al die nodige geriewe. Die eenhede met slaapplek vir onderskeidelik 5, 6 en 8 persone is ideaal vir groter groepe of gesinne, en dan is daar nog 2 kleiner eenhede wat perfek is vir jong gesinne met klein kinders of paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek. Gratis WiFi word voorsien.
Gaste kan ook aansit vir ons volledige Engelse ontbyt-buffet wat daagliks bedien word teen 'n addisionele koste.
Daar is 'n sitarea met 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler en verder kan gaste ook die ingeboude braaigeriewe of swembad benut.
Ons sal jou bederf as jy jou wittebrood of huweliksherdenking hier kom vier en ons kan selfs klein troues of funksies op die dek met see-uitsigte hou met behulp van Ndiza Lodge and Cabanas wat reg langs Little Eden is. Doen asseblief navraag vir meer inligting.
Little Eden spog met die ideale ligging en is in 'n stil straatjie geleë wat maklik bereikbaar is. Dit is ook stapafstand van die strand, restaurante, supermarkte en die dorp en dus is Little Eden die beste keuse vir eksklusiewe verblyf in St Lucia. Of jy nou 'n nag of 'n week bly, ons streef altyd daarna om ons gaste met 'n glimlag en kosbare herinneringe van ons pragtige dorp te laat vertrek!
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Bianca Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 33
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 159 Hornbill Street, St Lucia, KZN, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Little Eden St Lucia het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
159 Hornbill Street, St Lucia, KZN, 3936, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Slaapplek vir 26 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 -
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang