+113
Lodge in Waterberg

Newburg Lodge & Luxury Bush Tents

  • 44 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Portion 9 Elandsfontein Farm, Cyferfontein Road KR4,, Bela Bela, 0480, Limpopo Sien kaart

Beskrywing

Newburg Lodge & Luxury Bush Tents is in 'n vallei op die Newburg-plaas wat aan die Elements Privaat Gholfreservaat in die Waterbergstreek grens. Die naaste dorp is Bela-Bela wat 29 km ver is en die lodge is net 'n uur en 'n half se ry vanaf Pretoria. Die Newburg-plaas is 'n wildsplaas en het 'n verskeidenheid diere soos buffels, gemsbokke, koedoes, waterbokke, vlakvarke, njalas, wildebeeste en kameelperde. Dis ook 'n voëlkykersparadys. Die Newburg Lodge and Luxury Tents is net deur die Elements Privaat Gholfreservaat en 'n afstandbeheerde hek bereikbaar.

Selfsorgverblyf word in 5 luukse bostente, 2 wittebroodsuite-tente en 'n lodge met slaapplek vir 16 gaste aangebied.

Elke luukse bostent bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 kamers met 'n seilskeiding. Die eerste kamer het 'n koninggrootte-bed, 'n plafonwaaier, lugversorging, 'n sitarea en 'n dubbelwasbak-eenheid en dit lei na 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n buitestort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, eetgerei en breekware toegerus is. Elke tent het 'n TV met DStv en lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai. Die wittebroodsuite-tente het elk 'n houtvuurwarmbad en 'n vuurput.

Al 7 tente kan saam vir 'n groep van 28 gaste bespreek word. Gaste het dan gebruik van 'n toegeruste kombuis, eetarea, ingeboude braai en 'n swembad.

Die grasdak-lodge bied slaapplek aan 16 gaste en beskik oor 4 en suite-chalets en 'n hooflodge-area. Elke chalet bied slaapplek aan 4 gaste en het 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad, dubbelwasbak-eenheid, 'n toegeboude toilet en 'n buitestort. Die hooflodge-area het 'n toegeruste kombuis, 'n groot eetarea en 'n sitarea met 'n TV met sekere DStv-kanale. Buite is 'n groot onderdakdek met 'n etenstafel en 'n plonspoel vir die lodge se gaste. Daar is ook 'n groot boma met sitplek, ingeboude braaigeriewe en 'n vuurput vanwaar gaste die sterre kan aanskou. Parkeerplek is onder skadunet beskikbaar.

Al die tente en die lodge word daagliks skoongemaak.

Newburg Lodge, Honeymoon Suite Tents en Luxury Tents is sowat 200 m vanaf die privaat toegangshek tot die Elements Privaat Gholfreservaat en gaste kan van die geriewe by Elements gebruik maak indien hulle by Newburg bly. Dit sluit betaalde gholf, 'n swembad, tennisbane, bergfietsroetes en 'n restaurant in.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Regardt S
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely space. Very neat and tidy, an awesome area to stay. Everything that you need was provided. Will go back for sure.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Christo V
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi bosveld omgewing, tente baie netjies, die eienaars baie behulpsaam. Baie lekker gebly, baie rustige omgewing. Goeie netjiese geriewe in die bos.
Mrt 2025
Sanette D
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Ons het in die Honeymoon tent gebly en dit was so rustig met 'n pragtige uitsig oor die bosveld waar die buffels wei. Die tent het a...
Sien meer
Okt 2024
Jaco M
Saam met vriende
4.8
Ware bosveld wegbreek. Die geriewe is skoon en goed opgepas. Die beddens is van goeie gehalte en die 'stoep' was perfek vir die aand braai en oggend d...
Sien meer
Nov 2025
Erika T
4.8
Beautiful luxury tent, great service, some bathroom issues. We had a lovely stay at Newburg Lodge. The luxury tent was beautifully set ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Danie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Portion 9 Elandsfontein Farm, Cyferfontein Road KR4,, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Newburg Lodge & Luxury Bush Tents het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Portion 9 Elandsfontein Farm, Cyferfontein Road KR4,, Bela Bela, 0480, Limpopo

Sien kaart
  • 44 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcaa0a0b92d7523d04eccc491db59504f0c0a83bba7c5bf0b5ea331f0d65a4553a21cf0f383706fa4d91b57ff8735bb8afa88?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein Road KR4, 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.799769 28.130439
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang