12 gaste
4 slaapkamers
6 beds
4 badkamers
- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - G13 Leadwood Street, Shona Langa Nature Reserve, Waterberg, 0480, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
Zedara Bush Lodge is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Shona Langa Natuurreservaat, Waterberge en is sowat 55 km vanaf Bela-Bela. Hierdie reservaat spog met 29 wildspesies en 140 voëlspesies en is ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende wat die bedrywige stadslewe wil ontsnap.
Dié verblyf bied slaapplek aan 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 en suite-slaapkamers met lugversorging. Die eerste 2 slaapkamers het 'n koninggrootte-bed. Daar is ook 'n slaapbank vir 2 kinders in die hoofslaapkamer en 2 kinderbeddens in die tweede slaapkamer. Die ander 2 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Elke en suite-badkamer het 'n bad en stort of net 'n stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, eetgerei, breekware, 2 yskas-vrieskaste en 'n toonbank met stoele toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.
Daar is 'n TV, WiFi, 'n sitarea, eetarea met sitplek, 'n binnebraai-area en rugsteunkrag vir die WiFi tydens kragonderbrekings.
Die hoofleefarea het stapeldeure wat na 'n stoep met buitesitplek, 'n boma-vuurput en 'n swembad wat met 'n seil bedek is, lei. Gaste kan wildritte in hul eie voertuie in die 2000 hektaar privaat natuurreservaat geniet en 'n kaart word voorsien wat gaste kan saamneem wanneer hulle op die plaas rondry. Al die paaie is duidelik gemerk. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Rouan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- G13 Leadwood Street, Shona Langa Nature Reserve, Waterberg, 0480, Limpopo
- Gaste dink Zedara Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
G13 Leadwood Street, Shona Langa Nature Reserve, Waterberg, 0480, Limpopo
Sien kaart- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang