Jurgens Liebenberg
Hoof van Kliëntediens
Jurgens Liebenberg
Hoof van Kliëntediens
Jurgens is mal oor rekenaarspeletjies en motorfietse. Sy passie vir kliëntediens word net geëwenaar deur sy passie vir spoed – om die waarheid te sê is hy eintlik bietjie van 'n spoedvraat! Naweke verken hy bergpasse met sy ysterperd en kuier hy saam met sy vriende om die braaivleisvuur. Sy strewe na sukses noop hom om soggens baie vroeg by die werk te wees.
Chanel Schönfeldt
Besprekings: Spanleier
Chanel Schönfeldt
Besprekings: Spanleier
Chanel se hart klop warm vir Kaapstad en sy hou van die see, kosmaak, braai en om tyd saam met haar familie te deur te bring. Dié sosiale vlinder geniet haar werk en is mal oor die LekkeSlaap-span. Haar droom is om eendag die wêreld vol te reis met haar man en dogtertjie, maar haar hart en siel sal altyd in die Kaap bly.
Johane Van Eeden
Besprekings: Spanleier
Johane Van Eeden
Besprekings: Spanleier
Johané is baie lief vir die natuur en haar familie, daar is niks beter as om 'n naweek om die swembad te braai saam met familie en vriende nie. Sy is dol oor mense en herken mense se individuele behoeftes baie goed. Sy sal graag eendag meer van die wêreld wil sien, alhoewel haar hart altyd hier in Suid-Afrika sal bly.
Morné Van Heerden
Besprekings: Spanleier
Morné Van Heerden
Besprekings: Spanleier
Morne is gebore en getoë in Fochville en hy verkies om in die oomblik te leef ─ dit is wat belangrik is want vandag is al wat tel. Sy familie en sy troeteldiere is sy eerste prioriteit en hy help graag uit by South African Boston Terrier Rescue. Kallistenie is sy groot passie en hy kan nie 'n dag daarsonder nie.
Tanya Harris
Besprekings: Spanleier
Tanya Harris
Besprekings: Spanleier
Tanya het al redelik baie getoer, maar haar hart het net een tuiste, en dis net hier in Suid-Afrika – verkieslik op die strand saam met haar man en haar kind terwyl hulle die warm sonstrale geniet.
Thandeka Qangule
Besprekings: Spanleier
Thandeka Qangule
Besprekings: Spanleier
Thandeka is ‘n ywerige leser en vooruitstrewende blog-skrywer. Sy is baie passievol oor mense en sy lag baie graag.
Abigail Le Roux
Besprekings
Abigail Le Roux
Besprekings
Wie is Abby? Sy is ’n rugsakreisiger, want sy trek na waar die lewe haar lei en ek laat heer deur niks keer nie. Sy proe hier en proe daar, maar haar plek in ’n kombuis kan nie gevul word nie. Bak en brou is haar gunsteling. Sy is verlief op die buitelewe, veral kamp, voetslaan en buitelug-sport. Abby wou nog altyd deel wees van aksie-krieketspan, maar dit lyk nie asof hulle is gereed vir haar is nie. Sy hou daarvan om nuwe mense te ontmoet en oor verskeie kulture te leer
Andrew Bowyer
Besprekings
Andrew Bowyer
Besprekings
Andrew kom oorspronklik van Namibië af, maar het na hoërskool na Kaapstad getrek. Hy het die afgelope 10 jaar in die gasvryheidsbedryf gestudeer en gewerk. Hy is mal oor kitaar- en klavierspeel.
Anges Kastoor
Besprekings
Anges Kastoor
Besprekings
Anges is in Vredenburg gebore en het in Malmesbury grootgeword en gematrikuleer. Ná skool het hy menslike hulpbronbestuur, klankingenieurswese, produksiebestuur, aanbieding, verkope en bemarking gestudeer. Hy het vir 10 jaar as aanbieder en produksie-ingenieur in die radio-bedryf vir Radio West Coast, sowel as Sunshine Radio, gewerk. Gedurende sy vrye tyd is hy 'n platejoggie, seremoniemeester en organiseer hy geleenthede vir die plaaslike gemeenskap in die Weskus. Sy passie is meestal musiek en om ander te help waar hy kan.
Anina Myburgh
Besprekings
Anina Myburgh
Besprekings
Anina is oorspronklik van die Vrystaat, maar is mal oor haar nuwe tuiste in die Kaap en het 'n Carpe Diem-uitkyk op die lewe. Sy is mal oor draf, tennis, en om te kuier om 'n braaivleisvuur. Sy sal ook nooit sonder musiek, haar familie of Yorkie kan lewe nie.
Bradley Swail
Besprekings
Bradley Swail
Besprekings
Bradley het ‘n sprankelende persoonlikheid en hy is mal daaroor om mense te laat glimlag. Hy is altyd stylvol uitgevat en hy is selde in ‘n slegte bui. Bradley is hardwerkend en hy is passievol oor kliëntediens.
Charl Pitout
Besprekings
Charl Pitout
Besprekings
Charl kom oorspronklik van Durban af, maar woon al langer as 10 jaar in Kaapstad. Hy is 'n buitelug-persoon en hou daarvan om te gaan stap en na musiek te luister. Reis was sy beste leerskool en sy gunsteling-stad is New York. Hy glo in die uitdrukking: "Ek het besef dat as jy die lewe liefhet, sal die lewe jou weer liefhê".
Charne Kotze
Besprekings
Charne Kotze
Besprekings
Charne is in Kaapstad gebore en getoë. Haar vriende en familie is vir haar baie belangrik. Sy geniet musiek, dans en flieks. Sy is lief vir die Afrikaanse kultuur, want niks is lekkerder as 'n lekke braai, bier, biltong en sokkie-sokkie op Afrikaanse musiek nie. Sy glo in die uitdrukking "liefde is die sleutel na geluk".
Charne Vorster
Besprekings
Charne Vorster
Besprekings
Charné is ’n vriendelike siel en voel dat jy altyd iemand se dag ’n klein bietjie beter kan maak deur net ’n glimlag te gee en ’n helpende hand te bied. Sy is ’n natuurliefhebber, is verlief op fisiese teater en het ook ’n sagte plekkie vir diere. Sy geniet dit om tyd met haar familie en vriende deur te bring en gesels graag oor ’n koppie koffie of ’n glasie wyn. Sy dink mens moet altyd ander behandel soos wat jy self behandel wil word en glo om altyd jou beste te gee, en nog ’n bietjie meer.
Cherine Swanepoel
Besprekings
Cherine Swanepoel
Besprekings
Cherine kom oorspronklik van ‘n baie klein dorpie Volksrust af en geniet dit vreeslik in die Kaap. Sy het ‘n passie vir die natuur, vrek oor diere, en sy hou daarvan om te kamp, motorfiets te ry en vis te vang. Cherine is ‘n vriendelike meisie wat graag help en altyd luister.
Claudette De Clercq
Besprekings
Claudette De Clercq
Besprekings
Claudette is oorspronklik van Pretoria en het in Desember 2012 Kaap toe getrek. Dit was nog altyd, van kleins af, haar droom om Kaap toe te trek. Sy is mal oor die see, en is baie lief vir honde en nuwe uitdagings. Sy is 'n baie liefdevolle en vriendelike persoon.
Coenraad De Villiers
Besprekings
Coenraad De Villiers
Besprekings
Coenraad is in Douglas in die Noord-Kaap gebore. Hy is lief vir wilde diere, veral die rooikat. In sy vrye tyd hou hy daarvan om skaatsplak te ry, gym toe te gaan en om muurbal te speel.
Damian Newton
Besprekings
Damian Newton
Besprekings
Damian is in Kaapstad gebore. Hy is ’n ekstrovert en altyd in die bui vir 'n goeie uitdaging. Hy is lief vir Airsof-speel, rekenaarspeletjies en toutrek. Hy sal altyd die ekstra myl stap om mense gelukkig te maak. Hy bring sy vrye tyd deur op die sportveld of in sy kamer, besig om rekenaarspeletjies saam met sy vriende te speel.
Dianke Mostert
Besprekings
Dianke Mostert
Besprekings
Dianke kom al die pad van Vredenburg af, en het ook vir ‘n rukkie in Gansbaai gewoon. Sy hou van teken, is altyd op soek na ‘n nuwe avontuur en is mal oor die buitelewe, rekenaarspeletjies, lees en fietsry. Braai, poetse bak en tyd saam met haar familie is heel bo aan haar lysie.
Dominique Ferreira
Besprekings
Dominique Ferreira
Besprekings
Dominique kom oorspronklik van die Kaap af. Sy is ’n liefdevolle mens wat vir haar familie leef. Sy is sonder twyfel ’n mense-mens en is altyd bereid om vir enige persoon die ekstra myl te stap. Sy glo vas in dié sê-ding: "Leef asof daar geen môre is nie, so leef jou lewe ten volle."
Elindi Nagy
Besprekings
Elindi Nagy
Besprekings
Elindi het in die dorpie Beaufort-Wes in die Karoo grootgeword. Sy het Kaap toe getrek om te in die gasvryheidsbedryf te studeer en toe het die Kaap haar hart gesteel. Sy is ’n groot gesinsmens en sal nooit sonder haar diertjies kan klaar kom nie. Die gasvryheidsbedryf het vir haar aangetrek omdat dit haar sal toelaat om met mense te werk. Sy is lief vir mense en sal nooit alleen regkom nie. Om ’n glimlag op iemand anders se gesig te sit, is iets wat haar hart bly maak.
Elvona Tamana
Besprekings
Elvona Tamana
Besprekings
Elvona kom oorspronklik van Bethelsdorp in Port Elizabeth af, maar woon al die afgelope 16 jaar in die Kaap. Sy kom uit ‘n gesin van 5 en het ‘n ouer suster en jonger broer. Sy het ‘n vierjarige seuntjie en is verloof aan Moses. Jy sal haar nooit vang sonder ‘n glimlag op haar gesig nie. Elvona is mal oor reis, maar het ongelukkig die afgelope tyd nie baie daarvan gedoen nie. Sy is lief daarvoor om te dans en doen dit gereeld.
Eva Coetzee
Besprekings
Eva Coetzee
Besprekings
Eva het op 'n volstruisplaas in Oudtshoorn grootgeword, maar woon nou al vir die afgelope twee jaar in Kaapstad en is dolverlief op die natuur hier. Sy is mal daaroor om kreatief te wees, en hou van grafiese ontwerp en musiekmaak, maar haar grootste liefde is diere.
Gaynor Clayton
Besprekings
Gaynor Clayton
Besprekings
Gaynor is gebore en getoë in Kaapstad. Sy geniet dit om tyd in die natuur deur te bring en saam met familie en vriende te kuier. Haar gunsteling-wegbreekplekke is enige plek langs die kus en die wynlande.
Ingrid Hassim
Besprekings
Ingrid Hassim
Besprekings
Ingrid hou van reis. Die heel mooiste uitsig wat haar hart laat bons, is die prentjie van Tafelberg deur die vliegtuigruit, die see in die dag of die skitterende liggies van haar geboortestad wat haar altyd so warm tuis verwelkom. Sy is passievol oor haar kinders, 'n goeie boek, kook, lekker koffie en sjokolade. Ingrid streef altyd na uitnemendheid en om alles en almal beter te los as wat sy dit gevind het. Haar leuse is: “Plant die goeie en die mooi sal daar uit groei”.
Jaclyn Adams
Besprekings
Jaclyn Adams
Besprekings
Jaclyn kom van Stellenbosch af. Sy is lief vir diere, veral honde. Sy geniet dit om flieks te kyk en speletjies te speel, en om tyd saam met haar familie deur te bring is een van die belangrikste dinge in haar lewe.
Jacques Pretorius
Besprekings
Jacques Pretorius
Besprekings
Jacques is 'n maklike ou wat daarvan hou om grappe te maak terwyl hy om die braai kuier. Op 'n Woensdagaand sal jy hom in 'n karaoke-kroeg raakloop. Hy is lief vir zombies en Harry Potter. As jy vir hom iets gee om te eet, sal hy vir altyd jou vriend bly
Janine Swart
Besprekings
Janine Swart
Besprekings
Janine het 'n groot avontuurlus, maar bevind haar ook graag voor 'n goeie boek of lekker bord seekos. Wanneer sy nie saam met haar hond "Teddy" gaan stap nie, kuier sy om 'n swembad of braaivleisvuur.
Julize Van Staden
Besprekings
Julize Van Staden
Besprekings
Julize het op 'n plaas in Limpopo grootgeword met 'n groot, jolige familie wat glo in gasvryheid. Tog het die prag van die Kaap haar hart gesteel. Sy is lief vir kuns, 'n goeie boek en sy is altyd reg vir 'n uitdaging. Sy glo vas in die uitdrukking: “Wie nie waag nie, sal nie wen nie.”
Lauren Summers
Besprekings
Lauren Summers
Besprekings
Lauren is lief daarvoor om kwaliteittyd saam met haar dramatiese driejarige dogterjie, Gia, deur te bring. Wanneer sy nie besig is om aandag aan Gia te gee nie, geniet sy 'n goeie boek of 'n film. Sy verkies buitelug-aktiwiteite soos voetslaan, kampeer en piekniek hou, maar sy is ook lief vir sosialiseer! Sy is baie passievol, sy streef om altyd voluit te leef en sy glo vas in die sêding: “As die blink kant nie bo is nie, poets die ander kant.”
Le Roux Havenga
Navraagkonsultant
Le Roux Havenga
Navraagkonsultant
LeRoux is oorspronklik in die Kaapse Moederstad gebore en getoë. Sy groot liefde lê by sy woefkind, Zoé, ’n naweekbraai en ’n cocktail of twee, en hy is ’n boffin agter die kookpotte. Hy gaan uit sy pad om vir almal ’n handjie by sit. Sy motto vir die lewe is “learn it, live it and love it.
Lesley Kotze
Besprekings
Lesley Kotze
Besprekings
Lesley kom oorspronklik van Kimberley af, maar sy het Kaapstad toe verhuis toe sy 9 jaar oud was. Die Kaap se strande en skoonheid het haar ouers hierheen gelok. Daar is niks beter as om op 'n Saterdagmiddag saam met haar man 'n rugbywedstryd op Nuweland te kyk nie. Buiten rugby, is Lesley passievol oor kliëntediens, die verruklike natuurskoon en diere ─ veral die klein katjie wat laasjaar haar hart gesteel het. Vriendelikheid, lojaliteit en respek is van haar kernwaardes
Liesl Terblanche
Besprekings
Liesl Terblanche
Besprekings
Liesl kom oorspronklik van Centurion af en het haar nuwe tuiste in Maart 2018 in die Kaap gevind. Sy geniet haar nuwe lewe in die Kaap saam met haar man, Rudi en haar katjie, Pixel. Sy hou daarvan om foto’s van die natuur te neem en lees graag 'n goeie boek. Haar grootste droom is om eendag Rusland en New York te besoek.
Linique Oivier
Besprekings
Linique Oivier
Besprekings
Linique woon haar hele lewe lank in Vishoek, ’n klein dorpie reg langs Kaappunt wat met ‘n wonderlike uitsig oor die see aan die een kant en die berge aan die ander omring is. Sy hou daarvan om die beste diens te lewer aan mense. Sy is mal oor kamp, stap en enige iets met die natuur te doen.
Lisa-Maria Botes
Besprekings
Lisa-Maria Botes
Besprekings
Lisa is 'n natuurliefhebber en sy is mal oor aktiwiteite wat die adrenalien laat pomp. Sy geniet veral naweke saam met haar familie en vriende. Toerisme was nog altyd 'n passie van haar en sy wil veral haar eie land deurreis. Sy is 'n baie vriendelike en liefdevolle persoon en sal altyd ekstra moeite vir mense doen.
Lloyd Carelse
Besprekings
Lloyd Carelse
Besprekings
Lloyd hou daarvan om rugby en sokker in sy vrye tyd te speel. Sy ander belangstellings sluit anime- en grilflieks in, en sy gunsteling-reekse is Game of Thrones, The Office, The O.C. en Friends. Hy hou ook daarvan om sjef in sy kombuis te speel.
Lucresia Boswell
Besprekings
Lucresia Boswell
Besprekings
Lucresia hou daarvan om mense om haar te sien glimlag. Sy is glad nie skaam nie, baie spontaan en 'n mense-mens. Sy hou daarvan om ons mooi land, Suid-Afrika, te verken!
Ludwig Endrich
Besprekings
Ludwig Endrich
Besprekings
Ludwig is in Namibië gebore, maar het in Velddrif grootgeword. Hy is lief vir die buitelewe en is ‘n groot ondersteuner van krieket en rugby. Hy speel graag gholf en is ‘n ware mense-mens wat dit geniet om saam met sy vriende te braai. Ludwig is baie vriendelik en plat-op-die-aarde en doen altyd ekstra moeite om mense te help of ‘n hand by te sit. Sy slagspreuk is “Hakuna Matata” en hy streef om elke dag ten volle te geniet.
Marc Quinn
Besprekings
Marc Quinn
Besprekings
Marc is in die Kaap gebore maar het in die Noord-Kaap grootgeword. As gevolg van shy liefde vir die Moederstad was sy plan altyd om terug te kom en permanent hiér te bly. Hy het 9 maande in Amerika spandeer en sal graag weer wil reis as hy die kans kry. Hy geniet sy eie tyd, speel graag videospeletjies en lewe vir musiek. Marc het 'n groot passie vir sokker en die bedryf, goeie boetiekbier en die natuur.
Marco Cupido
Besprekings
Marco Cupido
Besprekings
Marco het groot geword in die Paarl, ‘n pragtige vallei in die Kaapse Wynlande. Hy het al die land plat gereis en opnuut besef dat Suid-Afrika die beste landskappe het. Hy hou van lees, voetslaan, wandel op die strand en enige iets in die natuur. Hy kuier graag met sy vriende om ’n lekke vuur en hou daarvan om geselsies aan te knoop. Sy wonderlike familie is die rede vir sy standvastigheid.
Margaretha Käsner
Besprekings
Margaretha Käsner
Besprekings
Maggie is oorspronklik van die Kaap en die see is haar inspirasie. Sy is baie lief vir haar familie, haar naastes en die toerismebedryf is haar passie in die lewe. Sy probeer altyd om op haar beste te lyk. Haar slagspreuk is: mik vir die maan, al gaan jy dit mis, sal jy nogsteeds tussen die sterre beland.
Marlize Engelbrecht
Besprekings
Marlize Engelbrecht
Besprekings
Marlize is gebore en getoë in die Paarl, maar het nog altyd 'n sagte plekkie gehad vir die besige stadslewe. Sy hou daarvan om tyd saam met haar vriende en familie deur te bring en is ook mal daaroor om met mense te werk. Sy probeer altyd om voluit te lewe.
Marshant Hoogbaard
Besprekings
Marshant Hoogbaard
Besprekings
Marshant kom van Heidelberg af, 'n klein dorpie op die Tuinroete. Hy is lief vir motorsport, veral versnelwedrenne, hy behoort aan 'n gospel-sanggroep, en hou daarvan om mense te help.
Martelle Thiart
Besprekings
Martelle Thiart
Besprekings
Martelle is 'n verkenner, natuurliefhebber en 'n kultuurdier met 'n onblusbare passie vir toerisme. Haar idee van die perfekte vakansie is in die natuur of by die see. Sy bly in die Moederstad en werk saam met die lekkerste plat-op-die-aarde kollegas in die hele wêreld!
Mary Ann Phiri
Besprekings
Mary Ann Phiri
Besprekings
Mary is uit en uit ’n Kapenaar. Sy geniet dit vreeslik om te reis, te draf, fiets te ry, te lees en om tyd saam met haar familie en vriende deur te bring. In haar vrye tyd geniet sy dit om betrokke te raak by die gemeenskap deur deel te neem aan vrywilligersdienste. Daar is vir haar niks beter as om iemand te laat glimlag nie.
Meagan Hillman
Besprekings
Meagan Hillman
Besprekings
Meagan glo niks is meer spesiaal as om tyd met haar twee dogtertjies en familie deur te bring nie. Sy is vriendelik, borrelend en blink uit in kliëntediens.
Meghann Currie
Navraagkonsultant
Meghann Currie
Navraagkonsultant
Meghann was nog altyd 'n presteerder, hetsy dit akademie, haar professionele lewe of enige iets anders in haar lewe is. Sy glo in sukses deur middel van harde werk en toewyding. Haar lewensleuse is: "as jy iets wil hê moet jy hard werk om dit te bereik, daar is geen kortpaaie nie". Sy geniet die lewe voluit en is mal oor humor. Sy is 'n progressiewe denker en respekteer elkeen se ruimte en waardes.
Melitta Stoutz
Besprekings
Melitta Stoutz
Besprekings
Melitta is gebore en getoë in Kaapstad. Sy geniet dit om te lees, te draf en om tyd in die buitelug of saam met vriende en familie deur te bring. Sy is altyd bereid om hand by te sit.
Michael-John Mocke
Besprekings
Michael-John Mocke
Besprekings
MJ is ’n Weskus-kind met ’n groot passie vir adrenaliensport, soos waterski, vlieg, branderplankry en motorfietsry. Hy is ’n opgeleide vlieënier en in sy vrye tyd geniet hy Suid-Afrikaanse tradisies, soos braai saam met sy goeie vriende met ’n goue koue in die hand.
Monica De Gouveia
Besprekings
Monica De Gouveia
Besprekings
Monica is ‘n passievolle en positiewe mens wat elke dag daarna streef om haarself te verbeter. Sy is mal oor die buitelewe, maar hou ook daarvan om binne te ontspan - veral wanneer dit by inkopies kom! Sy probeer om soveel as moontlik saam met haar vriende en familie te kuier. Sy het vir 2 jaar in Londen gewoon en dit het haar laat besef dat Suid-Afrika maar altyd haar ware tuiste sal bly.
Morne Adlem
Besprekings
Morne Adlem
Besprekings
Ek kom oorspronklik van Vredenburg af. Ek is ’n baie vriendelike mens en hou baie daarvan om met mense te werk. Ek sal altyd die ekstra myl loop om mense te help. Ek is ’n groot rekenaarliefhebber en spandeer graag my vrye tyd saam met vriende.
Nerine Kruger
Besprekings
Nerine Kruger
Besprekings
Nerine het in Amanzimtoti grootgeword, maar die Kaap is nou al 10 jaar haar tuiste. Sy is 'n sprankelende mense-mens wat uit haar pad sal gaan om iemand te help of spesiaal te laat voel. Haar eenjarige seuntjie is haar hart se punt en sy het 'n groot liefde vir haar familie, vriende en troeteldiere. Nerine is op haar gelukkigste wanneer sy kwaliteit-tyd saam met haar familie spandeer. Sy is ook mal oor fotografie en luilekker dae in die son.
Nicole Conradie
Besprekings
Nicole Conradie
Besprekings
Nicole is in Kaapstad gebore. Sy het al in Moorreesburg, Johannesburg en Vredendal gebly, maar Kaapstad bly haar gunsteling. Sy is mal daaroor om met mense te werk. Verder geniet sy die strand, goeie films en musiek en natuurlik ook om tyd saam met familie en vriende deur te bring. Sy hou van uitdagings en is bietjie van ‘n perfeksionis!
Nicolene Venter
Kwotasie Konsultant
Nicolene Venter
Kwotasie Konsultant
Nicolene is in Windhoek gebore. Sy het 'n bietjie rondgetrek en haarself eindelik in Kaapstad gevestig war sy nou al meer as 10 jaar woon. Sy is 'n baie lojale persoon en altyd haarself. Haar familie en vriende is baie na aan haar hart en sy sal so te sê enigiets vir hulle doen. Haar grootste liefde is haar dogter. Jy kan haar altyd vir hulp vra ─ sy sal help waar sy kan.
Riana Loubser
Besprekings
Riana Loubser
Besprekings
Riana kom van die pragtige binnelandse dorpie, Citrusdal af. Sy is daar gebore en het daar grootgeword, maar het later Kaap toe getrek vir haar studies. Riana is passievol oor die plaaslewe en diere en sy geniet dit vreeslik om te kamp. Naweke hou sy daarvan om te gaan perdry of kwaliteittyd saam met haar geliefdes deur te bring. Sy wil graag mense help om die perfekte akkommodasie te vind sodat hulle ook die lewe daar buite eerstehands kan ervaar en verken. Sy glo dat dit belangrik is om te reis, en om dinge self te beleef, sodat jy nie uitmis op dit wat die lewe bied nie.
Ronelle Blows
Besprekings
Ronelle Blows
Besprekings
Ronelle is 'n Kapenaar gebore en getoë. Sy is passievol oor mense en kan as 'n "sosiale vlinder" beskou word. Sy het baie kliëntedienservaring en sy hou daarvan om die beste moontlike diens te lewer. In haar vrye tyd doen sy baie gemeenskapswerk en hou sy ook daarvan om aktief te bly deur gimnasium toe te gaan en doendinge in die buitelug aan te pak.
Stephan Erasmus
Besprekings
Stephan Erasmus
Besprekings
Stephan het grootgeword op 'n plaas in Molteno, 'n klein dorpie in die Oos-kaap. Toe hy 12 jaar oud was het hulle verhuis na Stellenbosch, en op 14 is hy Hoërskool toe in Bloemfontein waar hy LLB studeer het by die Universiteit van die Vrystaat. Hy het later weer besluit om terug te keer na die Kaap. Stephan hou baie van die buitelewe en van boek lees.
Timothy Terblanche
Besprekings
Timothy Terblanche
Besprekings
Timothy kom oorspronklik van Pretoria maar het groot geword hier op die Kaapse Skiereiland. Hy is mal oor die natuur en diere. Sy ideale naweek is om tent op te slaan langs die see of ’n rivier te kamp saam met sy vriende. Hy probeer ook om aktief te bly deur die branders aan te durf en rugby te speel.
Zenobia Henderson
Navraagkonsultant
Zenobia Henderson
Navraagkonsultant
Zenobia het 9 jaar se ervaring in kliëntediens. Sy het 'n baie goeie humorsin, hou van braai en kwaliteit tyd saam met haar familie. Sy is versot op goeie flieks.
Denise Neethling
Hoof van Bemarking en Inhoud
Denise Neethling
Hoof van Bemarking en Inhoud
Denise is passievol, spontaan, kreatief en nie op haar bek geval nie. Sy sal baie maklik vir altyd van biltong, braaivleis en braai-pie kan leef en sing graag luidkeels in haar kar! Sy meen die 6 goed waarvoor sy die liefste in die lewe is, is haar kinders, haar man, haar sussies, haar ouers, diere en natuurlik rooiwyn!
Danielle Terblanche
Spanleier: Inhoudspan
Danielle Terblanche
Spanleier: Inhoudspan
Danielle is 'n Kaapse meisie wat hou van uitspattig lag, koffie drink en mooi goed afneem. Enigiets in die natuur is vir haar 'n avontuur, veral die see en berge. Sy geniet dit om nuwe plekke te verken en dit met mense te deel. Om te reis is kos vir haar siel en ek sal haar laaste sente daarop spandeer. Danielle voel die lewe is te kort om slegte koffie en rooiwyn te drink, daarom is sy altyd opsoek na plekke waar sy goeie koffie en rooiwyn kan drink. Sy is lief vir Afrikaans en kan die dae verby lees.
Adriëtte Le Roux
Inhoudskoördineerder
Adriëtte Le Roux
Inhoudskoördineerder
Adriëtte het in 2013 haar BA in Taal en Kultuur aan die Universiteit Stellenbosch met lof voltooi met Afrikaans, Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Die jaar daarop het sy haar Nagraadse Onderwyssertifikaat voltooi terwyl sy as tutor vir die Afrikaanse Taalverwerwingsdepartement by Stellenbosch gewerk het. Na 'n paar jaar as hoërskoolonderwyseres in Afrikaans en Geskiedenis is sy nou deel van die LekkeSlaap-span en werk as taalpraktisyn, vertaler en reisblogger.
Altus Booysen
Taalpraktisyn & Blogger
Altus Booysen
Taalpraktisyn & Blogger
n Boorling van Johannesburg wat lank gewroeg het met die hoë geboue wat neerkyk op miniatuur mense wat rookseine stuur vanuit die middestad na bos en berg. Die Kaapse wynlande is my nuwe tuiste en daar word tot vandag toe nog gerock 'n roll in die klein dorpies. My lied het wingerdgriep en sing vir straathonde wat in elke lewende wese skuil. Dis lekker in die Kaap en 3 jaar was genoeg om my plat Afrikaans met emmers vol stortwater te vervang.
Chante van Schalkwyk
Taalpraktisyn & Blogger
Chante van Schalkwyk
Taalpraktisyn & Blogger
Chanté se seevoete is in die Weskus geplant, maar sy het 'n sagte plekkie vir die stadsliggies. As jy haar nie met haar neus in 'n boek vind nie, is sy heel waarskynlik besig om 'n wyntjie saam met vriende tussen die Stellenbosch-valleie te geniet of op soek na die volgende gin-sensasie. Eendag sal sy graag haar sakke wil pak en die wêreld wil invaar.
Gerriline Fouche
Taalpraktisyn & Blogger
Gerriline Fouche
Taalpraktisyn & Blogger
Gerriline kom oorspronklik van Vredendal af, maar woon nou in Bloubergstrand. Sy het BA Regte aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer, waar die Afrikaans en Nederlands Departement haar 'n passie vir die Afrikaanse taal, letterkunde en kultuur gegee het. Nadat sy 'n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2017 voltooi het, het Gerriline totsiens gesê vir haar studentelewe in die Kaapse Wynlande. Sy hou daavan om outobiografieë, romans en poësie te lees, en jy sal haar gewoonlik met 'n koppie koffie raakloop, terwyl sy kuns bewonder of 'n teaterproduksie bywoon.
Hennely Nel
Taalpraktisyn & Blogger
Hennely Nel
Taalpraktisyn & Blogger
Hennely is ’n ywerige leser, boekversamelaar , deeltydse swerwer en musiekliefhebber. Sy kan ure op die internet spandeer op soek na plekke om te verken, kunstenaars om te ondersteun en nuwe maniere om haar kamer te versier. Haar liefde vir reis en nuwe dinge ontdek kan haar soms onrustig maak. Sy is vas daarvan oortuig dat Kaapstad ’n geheime genesende krag vir die siel het.
Hesté Nortier
Taalpraktisyn & Blogger
Hesté Nortier
Taalpraktisyn & Blogger
Hesté kom van Durbanville af en het haar Honneurs in Vertaling hierdie jaar voltooi. Sy hou daarvan om toneelstukke te skryf en af te rig wanneer die geleentheid hom voordoen. Sy is mal oor katte, kosmaak, reis en sal enige werk in die wêreld doen, solank sy net in die aand kan braai en 'n glasie rooiwyn kan drink. Kersfees is haar gunsteling-tyd van die jaar en sy is 'n absolute wintermens. Haar filosofie in die lewe is ─ hoe blinker, hoe beter! As jy haar nie in 'n jean en t-shirt sien nie, moet jy weet daar is fout en dis eintlik 'n hulpkreet.
Jana Barnard
Taalpraktisyn & Blogger
Jana Barnard
Taalpraktisyn & Blogger
Dié plattelandse nooi se denke lê diep gewortel in die sosiale wetenskappe terwyl haar hart Ooste toe staan. Sy ag dit nie die moeite werd om iets te lees waarmee sy te veel saamstem nie - Jy hou op lewe as jy ophou leer! Sy is ook vas oortuig dat die lewe te swaar is om te ernstig op te neem ...
Jeanne Carstens
Taalpraktisyn & Blogger
Jeanne Carstens
Taalpraktisyn & Blogger
’n Kaapse nooi met ’n liefde vir Afrikaans en Duits. Die Sarie beland gereeld in haar winkelmandjie hoofsaaklik vir die Nataniël-rubriek. Wanneer sy nie met taal doenig is nie, probeer sy nuwe resepte, neem kiekie’s of spandeer ure voor haar klavier. Sy voel tuis in Stellenbosch en is dus op haar gelukkigste wanneer Simonsberg haar soggens groet. Om te reis is vir haar ‘n absolute avontuur, en sy wil graag die Nordiese lande volgende besoek!
Karli Durr
Taalpraktisyn & Blogger
Karli Durr
Taalpraktisyn & Blogger
Karli kom uit die hartjie van die Swartland en het 'n liefde vir Afrikaans, sport en rockmusiek. Sy bring graag tyd saam met vriende en familie deur en sê nooit nee vir 'n goeie fliek nie.
Lisa Slippers
Taalpraktisyn & Blogger
Lisa Slippers
Taalpraktisyn & Blogger
Lisa kom al die pad van Namibië af en het aan Universiteit Stellenbosch studeer. Sy is ’n diereliefhebber en bring meeste van haar tyd met haar neus in ’n boek der. As sy nie saam met haar familie kuier nie luister sy graag musiek of skryf. Sy het ’n liefde vir taal en probeer daagliks iets nuut oor tale leer.
Nanje Lourens
Taalpraktisyn & Blogger
Nanje Lourens
Taalpraktisyn & Blogger
Nanje kom van Somerset-Wes af en het pas haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sy is mal oor reis, kamp, lees, die Afrikaanse taal en om hard in haar kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Haar grootste droom is om die Engelse platteland te gaan verken en 'n kasteel in Skotland te besoek.Verder het sy baie tyd vir haar familie, haar vriende en haar kat.
Willemien Engelbrecht
Nuusbrief Redakteur & Blogger
Willemien Engelbrecht
Nuusbrief Redakteur & Blogger
Willemien is 'n Kaapse nooi met Weskus-wortels. Sy maak graag kos, geniet 'n glas rooiwyn en is gek oor woorde en alles wat mooi is. Sy klim gereeld in haar kar en kyk waar sy uitkom – gewoonlik 'n pragtige plekkie om die sonsondergang te kyk. Sy is lief vir die lewe en waantoe sy op pad is (waar ook al dit mag wees).
Kate Gibbons
Bestuurder: Instansies
Kate Gibbons
Bestuurder: Instansies
Met 'n passie vir mense en liefde vir reis, het sy haar plekkie hier by TravelGround gevind. As sy nie hard aan die werk is nie, kan jy haar op 'n wandelpad in Tokai-woud vind, besig om die sweet te laat tap by CrossFit of met 'n glas wyn in die hand saam met vriende. Sy is mal oor dekor en ontwerp en hou daarvan om by te hou met al die moderne neigings.
Annelene Minnie
Instansie Bystandsbeampte
Annelene Minnie
Instansie Bystandsbeampte
Annelene geniet alles wat die Kaap bied. Sy het al die pad van die Noord-Kaap af Kaapstad toe getrek om al die avonture van die Moederstad te ervaar.
Bernadette Van Schalkwyk
Konsultant: Nuwe Instansies
Bernadette Van Schalkwyk
Konsultant: Nuwe Instansies
Bernadette kom oorspronklik van die Karoo af en het 10 jaar gelede Kaap toe getrek. Sy is mal oor goeie kos, lekke musiek, lees en kyk graag films en TV-reekse saam met haar ander helfte en 5 dierekinders. Sy het ’n passie vir diere en as jy haar kans gee, koop sy ’n plaas en maak dit vol vierpotige vriende. Sy studeer tans ’n BA-graad in Linguistiek.
Christie Marnoch
Konsultant: Nuwe Instansies
Christie Marnoch
Konsultant: Nuwe Instansies
Christie kom eintlik van Durban af, maar het die afgelope 9 jaar in Londen tuisgegaan. Daar het sy die geleentheid gehad om Europa te deurreis en ander dele van die wêreld te verken. Sy is mal daaroor om nuwe plekke te besoek, op die strand te ontspan, musiek te luister, te lees en enigiets kreatief aan te pak.
Emsie Wolhüter
Instansiebystandsbeampte
Emsie Wolhüter
Instansiebystandsbeampte
Emsie kom van ‘n klein dorpie in die Vrystaat. Sy is mal oor die natuur, die klein dingetjies in die lewe en glo vas in die krag van ’n glimlag en harde werk. Nuwe ervarings en avonture is haar daaglikse brood en sy wil graag alles leer van ons pragtige land se mense en hul kulture. Sy het ‘n passie vir reis, gedigte, mense en kos. Sy is ‘n lighartige siel wat daarin glo om elke dag ten volle aan te pak en die beste van elke situasie te maak.
Igné Roux
Instansiebystandsbeapmte
Igné Roux
Instansiebystandsbeapmte
Igné het in Port Elizabeth grootgeword en Regte en Sielkunde aan NWU: Pukke gestudeer. Ná sy studies het hy hom in Kaapstad gevestig en verlief geraak op die ryk erfenis, natuurskoon, stadsligte en geluide van die Moederstad en haar mense. Hy is graag doenig op sy rekenaar, besig om 'n boek te lees, die natuur te verken, te braai of musiek te maak vir homself of voor 'n skare. Sy belangstellings sluit geskiedenis, huidige gebeure, esoterisme, filosofie, fantasie, ekonomie, fiktiewe volksverhale, poësie en fisiese wetenskappe in ... as dit geweet, gekyk of geskryf kan word, is dit op sy opvanglysie.
Ilana Olivier
Konsultant: Nuwe Instansies
Ilana Olivier
Konsultant: Nuwe Instansies
Ilana is 'n vernuwende, kreatiewe denker. Sy is lief vir alles wat kunstig is en spandeer die meeste van haar vrye-tyd skeppend, aan die reis of besig om musiek te luister. Sy streef daarna om die mense om haar se beste eienskappe te laat blom.
Jean-Pierre Da Fonseca
Verkoopskonsultant
Jean-Pierre Da Fonseca
Verkoopskonsultant
JP is 'n groot voetbal-aanhanger, maar hy geniet eintlik alle sportsoorte. Hy is lief daarvoor om te reis, tyd saam met sy familie en vriende deur te bring ─ en sy gunsteling is natuurlik 'n lekker braai!
Katie Cowan
Konsultant: Nuwe Instansies
Katie Cowan
Konsultant: Nuwe Instansies
Katie geniet dit om nuwe plekke te verken en sy het al wyd en syd deur Afrika en ander dele van die wêreld getoer. In haar vrye tyd hou sy daarvan om te lees, TV te kyk of om tyd saam met haar drie honde deur te bring. Sy is ook 'n gekwalifiseerde veldgids wat graag buite in die bos baljaar.
Kristin Adams
Instansiebystandsbeampte
Kristin Adams
Instansiebystandsbeampte
Kirstin is baie lief vir kuns, veral fotografie. Dié kunsvorm laat haar toe om pragtige foto's te neem en uitdrukking te gee aan haar wêreldbeskouing. Sy geniet dit ook om tyd in die buitelug deur te bring en nuwe mense te ontmoet. Sy het 'n groot passie vir kos, veral braaivleis! Kirstin wil graag eendag haar sakke pak en Suid-Amerika gaan verken.
Llewellyn Williams
Konsultant: Nuwe Instansies: Spanleier
Llewellyn Williams
Konsultant: Nuwe Instansies: Spanleier
Llewellyn is 'n wêreldburger. Kaapstad is sy tuiste en die wêreld is sy speelgrond. Hy is gaande oor lekker kos en rondreis.
Merissa Van Der Bank
Instansiebystandsbeampte: Spanleier
Merissa Van Der Bank
Instansiebystandsbeampte: Spanleier
Merissa het 9 jaar gelede Kaap toe getrek en het verlief geraak op alles wat die lewe hiér bied. Sy is 'n stil mens wat altyd bereid is om te luister en sy droom daarvan om die wêreld vol te reis. Sy kan nie sonder musiek lewe nie en sy bring die meeste van haar tyd by musiekfeeste of saam met vriende en familie deur. Sy is mal oor haar kat, Pablo, en sy is 'n natuur- en diereliefhebber.
Nicolette Siebritz
Verkoopskonsultant
Nicolette Siebritz
Verkoopskonsultant
Nicolette is baie lief daarvoor om te lees en sy sal ure in 'n boekwinkel kan deurbring. Sy geniet dit ook om oosterse disse voor te berei. Sy het 'n wonderlike man, 4 kinders en troeteldiere. Nicolette is mal daaroor om tyd saam met haar familie deur te bring ─ hulle gaan kamp gereeld of speel net lekker bordspeletjies.
Nusrat Parker
Konsultant: Nuwe Instansies
Nusrat Parker
Konsultant: Nuwe Instansies
Nusrat kom oorspronklik van die Paarl af en is mal oor lees, skryf, musiek, kuns en die buitelewe. Sy hou van lekke lag, goeie kos en hou self daarvan om agter die kospotte te boer. Sy bestee graag tyd saam met haar naastes, geniet ’n goeie film en is mal oor diere.
Pieter Wolhüter
Konsultant: Nuwe Instansies
Pieter Wolhüter
Konsultant: Nuwe Instansies
Pieter kom van die beeldskoon Vrystaatse platteland en het dit verruil vir die asemrowende landskappe van die Kaap. Hy is 'n gekwalifiseerde fotograaf, met 'n passie vir karakters en kreature. Dit is sy droom om eendag die wêreld in te vaar en om eindelose avonture te beleef.
Roxanne Wareley
Konsultant: Nuwe Instansies
Roxanne Wareley
Konsultant: Nuwe Instansies
Roxanne hou van lees, om nuwe mense te ontmoet, en is 'n goeie luisteraar. Sy hou daarvan om mense te help en wil graag nog die wêreld sien.
Shelley Swart
Instansiebystandsbeampte
Shelley Swart
Instansiebystandsbeampte
Shelley het 'n wonderlike man en die kosbaarste seun, Connor Jo! Sy is versot op bak, om dinge te maak en hetsy by die werk of by die huis, voel sy altyd soos die Moeder-hennetjie.
Sunelle Olivier
Instansiebystantsbeampte
Sunelle Olivier
Instansiebystantsbeampte
Sunelle kom oorspronklik van Velddrif af en het al vantevore in die gasvryheidsbedryf gewerk, onder andere by BON Hotels en Village n Life Trading by die Farmhouse Hotel. Sy is mal daaroor om met mense te werk en geniet dit vreeslik om tyd saam met haar familie en vriende deur te bring. Somersdae op die strand is van haar gunstelinge en haar positiewe houding is aansteeklik.