Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"We previously stayed at Bfw Karoo National Park, with totally different experience."
"Besoek vir seker die Chris Barnard museum. Jy kan ook die Karoo-natuurpark vanuit die verblyf in Beaufort-Wes besoek."
"Die grootste aantrekkingskrag van Beaufort-Wes vir ons is die nabygeleë Karoo Nasionale Park. Ons lê ons toe op die fotografie van voëls, naaldekokers en skoenlappers en soek graag die spesies wat eie is aan die Karoo habitat. Die park se akkommodasie is egter heeltemal te duur om daar oor te bly, gevolglik beplan ons die reis so dat ons die hele namiddag van ons aankoms en die voormiddag van die volgende dag in die park kan deurbring voordat ons verder reis. Biffie's Cottages het vir ons 'n bekostigbare akkommodasie-alternatief gebied. "
"Die dorp is netjies en skoon, wat 'n pluspunt is dit nie! Ons is orals vriendelik ontvang en in Afrikaans bedien. "
"Maak gerus 'n draai by Kokkedoor Tessie se Nessie vir heerlike tuisgemaakte pasteie en koekies."
"Karoo Nasionale Park by die dorp is die hoof aantreklikheid. Hulle is vriendelik, netjies en baie behulpsaam."
"Ek ken nie vir Beaufort-Wes nie, want ek slaap net een aand oor, maar wat ek gesien het was vir my mooi."
"Mooi ou dorp met baie geskiedenis wat gebruik kan word om toeriste te lok en die infrastruktuur meer toeristevriendelik kan maak. "
"Daar is nie so baie dinge om te sien en te doen soos in groter dorpe nie, maar die netheid en rustigheid daarvan maak dit 'n baie goeie oornagplek. "
"Pragtige dorp met al die winkels wat jy nodig het. Die dorps mense is vriendelik. Baie warm in die somer, so maak seker dat jy verblyf kry wat lugverkoeling het."