Geverifieerde Resensie
Bluewater Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bluewater Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 65 resensies.
"Isolated area but has a beach and river mouth. Not much in way of amenities."
"So skoon en netjies. Spar en P&P is nabygeleë en natuurlik Steers/Deboinairs/Fish Aways is altyd 'n wenner. Naby snelweg."
"Very nice area. I will recommend anyone to go to Bluewater Bay for a holiday, close to the N2 high way and close to shops. "
"Die winkels, strand en kerk is loopafstand en die mense in die omgewing is baie vriendelik."
"Baie still woon gebied skoon en netjies. Gerieflik naby die see en vis water vir die manne wat hou van hengel."
"Sal graag 'n eetplekkie vir ontbyt en aandete in die omgewing wil sien. Bluewater Bay is rustig en stil, mens wil nie altyd stad toe ry vir ontspanning na-ure nie. Indien 'n persoon werk wil jy ook nie na-ure staan en 'n maaltyd voorberei nie, Spar het ook nie alles nie. Ons was ook nie alleen nie, daar was nog sewe ander gesinne saam in die omgewing vir die naweek."
"Bluewater Bay is 'n rustige area omtrent 15 kilometer vanaf sentraal PE. Dit het ons goed gepas aangesien PE baie besig kan raak in die vakansietyd en ons in die aande uit die gewoel na 'n rustige, stil area kon terugkeer. Die strand is naby die woning geleë en het lewensredders en ablusies. "
"Bluewater Bay is uitstekend geleë, maklik om in die stad en op die omliggende strande uit te kom. Daar is alles - 'n groot Spar en inkopiesentrum met alles wat ons nodig gehad het en gemaklik om by uit te kom. Dis ideaal vir mense wat graag draf, fietsry of kano ry. Daar is beskerming vir die natuur ook en ons het daagliks 'n besoek van 'n rob gehad. Bluewater Bay, julle rock!"
"Pragtige area en die strande baie mooi. Die kinders was baie opgewonde oor die pragtige skulpe!"