Geverifieerde Resensie
Breedekloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breedekloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 135 resensies.
"So 'n rustige, mooi omgewing. Beslis die moeite werd vir 'n wegbreek. Daar is ook so baie wat gebied word."
"Ons was nie regtig daar tydens ons besoek nie. Maar dis 'n mooi dorpie met 'n pragtige uitsig oor die Slanghoekvallei."
"'n Dorp wat 'n wegkomkans bied van die gejaagde stedelike/voorstedelike lewenstyl."
"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
"Pragtige omgewing so tussen die wingerde en berge! Dorp se hoofstraat is geen advertensie vir die dorp of omgewing nie! Huidiglik is dit beter om die hoofstraat vermy!"
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Daar is baie padwerke in en om Rawsonville, wat dit vir 'n mens moeilik maak om by jou bestemming uit te kom, veral as jy nie weet waar jou verblyfplek is nie. Andersins is Rawsonville 'n pragtige, landelike dorp met mooi wingerde. Voorwaar 'n plek om by af te pak."
"Ons het die plek verken, lekker wynplase besoek, 'n pub besoek en rugby gekyk. Alles was lekker sal weer daarheen gaan."
"Melwierda Winery was wonderlik. Het daar 'n wynproe gedoen wat 2,5 uur geduur het. So goed was die gesels."
"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."
"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."