Verified Reviews
Britstown
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Britstown
Rated 3.5 out of 5 based on 351 reviews.
"Ongelukkig net deur die dorp gery en op ure waar daar nog geen beweging was nie."
"Die dorp op homself is besig om agteruit te gaan. Dit is 'n tipiese plattelandse dorpie met net die nodige fasiliteite vir 'n oornag stop."
"Britstown is ‘n rustige dorpie met baie vriendelike en bedagsame inwoners."
"As jy op reis is en ontbyt wil eet of biltong wil koop moet jy hier stop. Nie noodwendig iets by Strydenburg of Hopetown nie."
"Wens ons kan 'n bus vat en klomp mense daar gaan aflaai om 'n verskil te maak en nuwe lewe en besigheid in die dorpie in te blaas. So hartseer om te sien hoe al ons klein dorpies leegloop."
"Ons vul altyd ons voertuig met petrol in Britstown wanneer ons in daardie rigting reis. Ons het nog altyd net goeie ondervindinge daar gehad."
"Die karoo is bekoorlik mooi! Vriendelike mense en baie goeie paaie (beter as Gauteng)!"
"Stop by die Karoo Lodge en eet iets. Drink 'n glas wyn en groet die vriendelike wit kat."
"Dis 'n mooi, skoon dorp en die personeel by die vulstasie was vriendelik en behulpsaam. Dankie, julle laat ons sommer tuis voel."
"As jy Weskus toe of terug van Gauteng af dan is die dorpie jou beste roep vir oorbly!"
"Het een keer probleme met ons voertuig gehad en hulle was baie behulpsaam gewees om ons te help. Die Hotel is 'n goeie plek om ook te oornag, wat heerlike kos bedien."
"Meer reisigers kan gerus van Britstown 'n oornagplek maak - dit behoort die dorp as toeristebestemming te bevorder."